Leesvordering:

AfriForum lewer verdoemende kritiek op Nasionale Vervolgingsgesag-wetsontwerp tydens parlementêre voorlegging

Okt 26, 2023

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ’n mondelinge voorlegging gelewer oor die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) -wetsontwerp voor die parlementêre portefeuljekomitee oor Justisie en Korrektiewe Dienste. Hierdie voorlegging het die wetsontwerp heftig gekritiseer en omvattende wysigings daarop voorgestel. AfriForum is uitgenooi om dié mondelinge voorlegging te lewer ná die indiening van diepgaande skriftelike kommentaar op 10 Oktober.

Van die probleme met die wetsontwerp sluit in dat dit geen bevredigende oplossings bied vir die huidige probleme met die NVG nie, dat dit versuim om duidelike parlementêre oorsig te verseker, dat dit ruimte laat vir politieke inmenging in die Vervolgingsgesag en dat dit sal lei tot verminderde vertroue in die Suid-Afrikaanse strafregstelsel.

“Verskillende benaderings kan gevolg word om die huidige probleme in die NVG aan te pak, maar hierdie wetsontwerp is beslis nie die aangewese oplossing nie,” beklemtoon Louis Boshoff, veldtogbeampte by AfriForum wat die voorlegging namens dié organisasie gelewer het. “Hierdie wetsontwerp is ’n resep vir politieke inmenging, en ons kan niks anders as ’n brousel van korrupsie en magsmisbruik te wagte wees as dié resep gevolg word nie.”

AfriForum se voorlegging benader die saak pro-aktief en stel verskeie oplossings voor, soos om klousules in te sluit wat parlementêre oorsig vereis, prosedures daarstel om meer oorsigtelike aanstelling van amptenare te verseker en die operasionele doeltreffendheid van die NVG sal verbeter.

“Suid-Afrika se regstelsel staan voor ’n kruispad en dit is van kardinale belang dat ons nou optree om die integriteit van ons regstelsel te beskerm en verseker dat geregtigheid kan geskied sonder vrees of vooroordeel,” sluit Boshoff af.

Bykomend tot hierdie kommentaar op die wetsontwerp word AfriForum se privaatvervolgingseenheid ook uitgebou om te verseker dat vervolging kan plaasvind selfs al verswak die NVG verder.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Ladine Britz, wat in...

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest