Leesvordering:

Sukses: AfriForum stop finaal R50 miljoen-skenking aan Kuba

Okt 26, 2023

Die burgerregteorganisasie AfriForum het die regering se beoogde skenking van R50 miljoen aan die Kubaanse regering suksesvol gestuit. Dié besluit is deur die Pretoriase Hooggeregshof geneem, nadat AfriForum op 15 Mei 2023 ’n hersieningsaansoek ingedien het om die onwettige skenking deur die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (DIRCO) te stop.

AfriForum het in 2022 ’n dringende interdik bekom om DIRCO te verhoed om die R50 miljoen aan die Kubaanse regering te skenk. Die regering se poging om te appelleer is van die hand gewys. AfriForum het in hierdie hersieningsaansoek gevra dat die skenking tersyde gestel word, dat die besluit wat deur die Nasionale Tesourie geneem is om die skenking goed te keur tersyde gestel word, en dat die besluit om die geld te stuur nie toegelaat mag word nie – alles met regskoste. Verder mag enige toekomstige skenking aan Kuba nie toegelaat word sonder parlementêre goedkeuring, soos uiteengesit in die organisasie se versoek nie.

Die Suid-Afrikaanse regering is in ’n ernstige finansiële krisis en kan nie bekostig om so ’n buitensporige bedrag geld irrasioneel te skenk nie. Die onsekerheid oor die werklike bedrag van die skenking wys ook hoe belangrik dit is om hierdie belaglike skenking te stop.

“’n Land met ’n sukkelende ekonomie en ’n regering wie se geld op die punt is om op te raak, kan nie sommer net miljoene rande aan sy vriende uitdeel nie. Dit is verregaande om só reusebedrag geld onder die huidige sosio-ekonomiese toestande aan ’n ander land te skenk,” sê Charné Mostert, veldtogbeampte by AfriForum.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest