Leesvordering:

AfriForum lê verval van staatsondernemings bloot in verslag aan VN, waarsku oor moontlike algehele ineenstorting

Nov 1, 2023

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n omvattende verslag aan die Verenigde Nasies (VN) se Menseregteraad (MRK) voorgelê oor die omvangryke agteruitgang van staatsondernemings en die verwoestende impak wat dit op dienslewering in Suid-Afrika het. In die verslag het AfriForum onder meer weer op die volgehoue ​​onderprestasie van talle staatsondernemings gewys en waarsku dat dié ondernemings in sommige gevalle gevaarlik naby aan ineenstorting is.

Die voorlegging vorm deel van ’n versoek om insette oor die bevordering van menseregte en die VN se volhoubare ontwikkelingsdoelwitte deur deursigtige, verantwoordbare en doeltreffende openbare dienslewering.

Die verslag plaas klem op die talle uitdagings wat staatsondernemings die afgelope byna 20 jaar kniehalter, soos korrupsie, wanbestuur, politieke inmenging en staatskaping. Voorts wys die verslag ook op die impak wat die verswakkende staatsondernemings op noodsaaklike dienslewering het en die landwye uitkringeffek wat dit op verskeie sektore het. Dit beklemtoon ook dat dit dringend is om die ondergang van dié ondernemings te voorkom.

AfriForum stel in sy verslag omvattende hervormings, bevoegdheidstransformasie, bevordering van mededinging, ’n toename in openbare-privaat-vennootskappe en aktiewe burgerskap voor. Volgens die verslag, vereis Suid-Afrika ’n sterk wetlike raamwerk wat goeie bestuur sal bevorder, korrupsie sal uitskakel en meriete voorkeur sal gee bo politieke partydigheid. Deur ’n mededingende omgewing, vry van burokratiese regulasies te skep, sal beleggers meer gretig wees om die ekonomiese mark te betree en die ekonomiese groei te verseker wat die land desperaat benodig, meen AfriForum.

Charné Mostert, veldtogbeampte by AfriForum, sê: “AfriForum gebruik sy status as lid van die VN se Ekonomiese en Maatskaplike Kommissie as ’n platform om die internasionale gemeenskap oor die stand van sake in Suid-Afrika in te lig. Dit is tyd dat die VN moet kennis neem van die impak wat die agteruitgang van staatsondernemings op dienslewering in Suid-Afrika het. AfriForum sal sy plaaslike en internasionale veldtogte voortsit om deursigtigheid te bepleit en sodoende uiteindelik ook ’n vrye en voorspoedige toekoms vir alle Suid-Afrikaners te verseker.”

“AfriForum sal saam met ander burgerlike organisasies die regering aanspreeklik hou vir hul wanbestuur van staatsondernemings. In baie gevalle is hierdie ondernemings tans nie in staat om die land se noodsaaklike dienste te lewer nie, maar belastingbetalers moet die steeds swaarste dra aan hierdie mislukte entiteite. Burgers kan nie voortdurend betaal vir die foute wat die ANC-geleide regering maak nie,” sluit Mostert af.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Hierdie week se kollig is op AVW Media Worx. AVW Media Worx is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Ladine Britz, wat in...

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest