Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Two in a Bush Rooibos Cordial

Nov 21, 2023

Hierdie week val die kollig op Two in a Bush in Suid-Afrika, maar hul produkte is ook beskikbaar in ander lande soos Botswana, Namibië en selfs die Verenigde Koninkryk. Two in a Bush is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Lees meer oor Two in a Bush Rooibos Cordial:

Premium Rooibos Cordial word op die outydse manier gemaak van natuurlike bestanddele, sonder enige ekstra suiker, preserveermiddels of kunsmatige bymiddels. Dit word versoet deur ’n bietjie natuurlike vrugtekonsentraat by te voeg, wat ’n gesonde, lae-suiker opsie verseker (14 kal wanneer dit verdun word per 100 ml.)  

Rooibostee en heuningtee wat organies gesertifiseerd is word met suiwer fonteinwater gemaak en gemeng met plantekstrakte, speserye en vrugte wat met die hand uitgesoek is. Dit is heerlik as ’n verfrissende drankie op sy eie, of as deel van ’n “mocktail” of skemerkelkie.

Die eerste bottel Two in a Bush Rooibos Cordial is in 2020 tydens die Covid-19-inperking in ons plaaskombuis in die vrugbare Franschhoek-vallei gemaak. Twee vriende wat saamgewerk het om ’n gesonde vrugtestroop te maak waarmee hulle hul geliefdes kon bederf. Nadat die inperking opgehef is, is die lewe en hul vriendskap met hierdie drankie, wat in wese Suid-Afrikaans is, gevier.

Kom ons vier goeie gesondheid en drink op gelukkige oomblikke!

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei, gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word gelys op Wêreldwyd se Wêreldgids.


Ons wil weet waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Kontak Two in a Bush Rooibos Cordial

Klik hier om Two in a Bush se webtuiste te besoek.

Klik hier vir Two in a Bush op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Ladine Britz, wat in...

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest