Leesvordering:

AfriForum op pad na VN om internasionale kollig te plaas op diskriminasie en haatspraak teen minderhede in Suid-Afrika

Nov 21, 2023

Verteenwoordigers van die burgerregteorganisasie AfriForum sal op 27 November en 1 Desember onderskeidelik aan twee geleenthede van die Verenigde Nasies (VN) deelneem. Die organisasie wil graag hiermee verdere internasionale bewustheid skep oor die kommerwekkende vlakke van diskriminasie, rasgebaseerde wetgewing en haatspraak wat minderhede in Suid-Afrika teiken. Een van die dringende kwessies wat AfriForum onder die VN se aandag wil bring, is die Suid-Afrikaanse regering se raskriteria vir uitvoere in die landboubedryf.

“Die Suid-Afrikaanse regering het in 2022 geskitter in hul afwesigheid toe hulle spreukbeurt aangebreek het tydens die Verenigde Nasies se Forum oor Minderheidskwessies. AfriForum was egter gereed en voorbereid om te praat. Deur aksies soos hierdie skep AfriForum op die internasionale verhoog bewusmaking oor kwessies soos rassediskriminerende wetgewing asook aanhitsing tot geweld teen minderhede in Suid-Afrika. Die organisasie plaas ook die Suid-Afrikaanse regering se negatiewe, en selfs vyandige standpunte, stellings en beleid jeens minderhede op rekord,” sê Ernst van Zyl, hoof van openbare betrekkinge by AfriForum.

“AfriForum ontmoet altyd waardevolle kontakte en bondgenote by hierdie forums. AfriForum het ook oor die jare internasionaal ’n goeie reputasie en legitimiteit opgebou as ’n betroubare bron van inligting oor burgerregte-kwessies in Suid-Afrika, veral ten opsigte van minderhede. Benewens bewusmaking skep, sal hierdie 2023-aksies verder bydra tot daardie internasionale profiel,” sluit Van Zyl af.

AfriForum sal verdere besonderhede oor elke geleentheid gee op die dag waarop dit plaasvind.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Deur Alize Scholtz Die woorddeel “kers” in Kersfees kom van die Griekse woord vir Christus, naamlik “Kristos”. Deur klankomruiling het “Kris-” in “Kers-” verander. Die woord Kersfees beteken dus eintlik Christusfees. Dit is ook waarom samestellings met “Kers-”...

Kersfees in Nederland

Kersfees in Nederland

Deur Jorietha Rabie In Nederland vier ons Sinterklaas op 5 Desember en dan Kersfees op 25 Desember. Dit is nie dieselfde viering nie en Sinterklaas vervang nie Kersvader nie.Ons gesin het besluit om die geleentheid te gebruik om die groot geskenke wat ons normaalweg...

Spesiale Kersfeesvieringe in Perth

Spesiale Kersfeesvieringe in Perth

Deur Marni Wolmarans Terwyl Desember ’n vreugdevolle tyd is waartydens ons vol verwagting uitsien na ’n see- of bosvakansie en Kerslysies wat deur die kleinspan opgestel word, hou dié tyd van die jaar ook diep verlange en nostalgie in. Met Kerstyd dink ons altyd aan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest