Leesvordering:

AfriForum op pad na VN: Gaan rapporteer oor SA se 116+ raswette, “Kill the Boer”-dreunsang en uitsluiting van boere op rassegronde

Nov 26, 2023

Verteenwoordigers van die burgerregteorganisasie AfriForum sal hierdie week, op 27 November en 1 Desember, aan twee afsonderlike geleenthede van die Verenigde Nasies (VN) deelneem. Die organisasie gaan hiermee verdere internasionale bewustheid skep oor diskriminasie wat tans hoogty vier in die vorm van talle stukke rasgebaseerde wetgewing. AfriForum sal ook wys op voorvalle van haatspraak, soos die voortdurende sing van die dreunsanglied “Kill the Boer”, wat minderhede in Suid-Afrika teiken. Een van die dringendste kwessies wat AfriForum onder die VN se aandag gaan bring, is die raskriteria vir landbou-uitvoere na Europa wat die Suid-Afrikaanse regering onlangs in die Staatskoerant aangekondig het.

Die eerste geleentheid waaraan AfriForum gaan aan deelneem, behels ’n opvolgbesoek aan die VN se Komitee vir die Uitskakeling van Rassediskriminasie (CERD). AfriForum het verlede jaar ’n verslag daar ingedien as dokumentering van al die nuwe diskriminerende wetgewing en beleide sowel as voorvalle van diskriminasie in Suid-Afrika wat sedert 2020 geïmplementeer en voorgestel is of plaasgevind het. Hierdie verslag het ook van die opspraakwekkendste voorvalle van haatspraak en aanhitsing tot geweld teen minderhede deur hoëprofiel-persone in dieselfde tydperk gedokumenteer.

Suid-Afrika se rekord, met betrekking tot die uitskakeling van diskriminasie in die land, word vanjaar deur CERD hersien. AfriForum gaan dus ’n nuwe verslag oor die Suid-Afrikaanse regering se rassediskriminasie by CERD inhandig en ’n kort voorlegging doen as deel van AfriForum se bydrae tot hierdie hersieningsproses.

Ernst van Zyl, AfriForum se hoof van openbare betrekkinge, gaan ook hierdie week ’n voorlegging doen voor die VN se Forum vir Minderheidskwessies. Hiertydens sal AfriForum lig werp op die voortgesette haatspraak en diskriminasie wat teen minderheidsgroepe in Suid-Afrika plaasvind.

Die kernpunte van AfriForum se voorleggings sluit onder meer in:

  • AfriForum se 2023-verslag het bevind dat daar sedert 1910 sowat 313 raswette in Suid-Afrika ingestel is. Nagenoeg 37% daarvan is geskep sedert die ANC in 1994 aan bewind gekom het.
  • Besonderhede rakende die voortdurende sing van die dreunsanglied “Kill the Boer” (deur die EFF leier, Julius Malema, en lede van die EFF) sowel as die toename in plaasaanvalle wat ná die sing van die lied aangeteken word, sal by die voorlegging ingesluit word. Die bekendste voorbeeld waarop gewys sal word, is die geleentheid waartydens Malema dié dreunsanglied vroeër vanjaar voor ’n skare van 90 000 EFF-ondersteuners gesing het en daar ’n toename in plaasaanvalle daarop gevolg het. In een plaasaanval, wat kort ná die stadionbyeenkoms plaasgevind het, het die aanvallers “Kill the Boer, kill the farmer” geskree, terwyl hulle die vroulike slagoffer met ’n spies gesteek het.
  • AfriForum gaan ook ander onlangse insidente van rassediskriminasie op rekord plaas. Sake wat onder meer aangemeld sal word, is die apteekgroep Dis-Chem se besluit om ’n moratorium op die aanstelling en bevordering van wit mense te plaas; en die regering se aankondiging dat boere, wat nie aan sekere vasgestelde rassekriteria voldoen nie, van tariefvrye uitvoere na Europa uitgesluit sal word.

“Die Suid-Afrikaanse regering het in 2022 geskitter in hul afwesigheid toe hulle hul spreekbeurt by die VN se Forum oor Minderheidskwessies misgeloop het. AfriForum was egter gereed en voorbereid om die ware stand van sake op rekord te plaas. Hierdie jaar is ons weer eens gereed en sal nie stilbly oor die diskriminerende praktyke wat tans in die land seëvier nie,” sê Van Zyl.

“AfriForum het in die afgelope aantal jare reeds ’n sterk internasionale reputasie en legitimiteit opgebou as ’n betroubare bron van inligting oor burgerregte-aangeleenthede in Suid-Afrika, veral ten opsigte van minderhede. Hierdie besoek is daarom ’n onontbeerlike geleentheid om Suid-Afrikaanse minderhede se lot te verkondig aan die wêreld,” sluit Van Zyl af.

AfriForum sal verdere besonderhede oor elke geleentheid gee op die dag waarop dit plaasvind.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest