Leesvordering:

Dis mos nou Afrikaans!

Jan 17, 2024

Voel Afrikaans soms vir jou soos ’n vreemde taal? Dis mos nou Afrikaans! neem jou vanaf graad 8 tot graad 12 op ’n reis om Afrikaans Eerste Addisionele Taal te bemeester, sodat jy die finale matriekeksamen met vlieënde vaandels kan slaag. Die boek is ’n omvattende, gebruikersvriendelike naslaanbron wat deur sowel onderwysers as leerders gebruik kan word. Die skrywers het saam meer as 50 jaar ervaring van Afrikaans EAT-onderrig en 11 jaar as nasieners in die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen. Die afdelings word prakties ingedeel volgens die vraestelle wat leerders in die NSS-eksamen skryf. Vraestel 1: Leesbegrip, opsomming en taal. Vraestel 2: Letterkunde. Vraestel 3: Kreatiewe en transaksionele skryf. Vraestel 4: Mondeling. Verder is daar woordeskatlyste en wenke oor hoe om sleutelwoorde in vrae te herken.

Oor die skrywers

Henriette Turner was 20 jaar lank Afrikaansvakhoof by een van die beste Engelsmedium staatskole in die land. Sy woon saam met haar man, Dave, en lieflingkat, Loesjke, in Rondebosch in ’n gesellige kothuis vol boeke, plante, kerse en kleurvolle kunswerke.

Suneen Laing is ’n kreatiewe, leergierige digitale foendie met ’n groot liefde vir Afrikaans, geskiedenis, reis, lees, fantasie-films en haar boerboelkind, Zuri. Sy dien tans as vise-hoof en Hoof van Media van haar skool. Sy woon in Rondebosch.

Best Books is ’n druknaam van NB-Uitgewers.
Vir meer inligting besoek NB-Uitgewers se webtuiste.

Kompetisie

Een gelukkige leser wat in Suid-Afrika woon kan hierdie omvattende Afrikaanse gids vir Eerste Addisionele Taal wen.

Vul hierdie vorm in om in te skryf:

"*" indicates required fields

Naam en van*
Ek bevestig dat ek ’n inwoner van Suid-Afrika is*
ConsentEk wil graag die Kollig-nuusbrief ontvang*
Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

Deur Derika de Villiers Om oor geestesgesondheid te praat is nog steeds ’n uitdagende aktiwiteit vir baie mense. Ons het in ’n kultuur grootgeword in Suid-Afrika waar jy “gesien en nie gehoor moes word nie”, of “jou sokkies moet optrek” en jou “trane moet sluk”. Die...

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Hierdie week se kollig is op AVW Media Worx. AVW Media Worx is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Ladine Britz, wat in...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest