Leesvordering:

As jy wil slange vang … moenie!

Jan 17, 2024

Deur Alana Bailey

Video’s van slangvangers wat op sosiale media geplaas word, is deesdae baie gewild. Die mense laat dit maklik lyk, maar hierdie is een geval waar die waarskuwing “Moet dit nie tuis probeer nie”, baie ernstig opgeneem moet word.

Daar is sowat 170 slangspesies en -subspesies in Suid-Afrika.  Van die giftigste slange wat hier aangetref word, is die swartmamba, boomslang, pofadder, Kaapse kobra en rinkhals. Dodelik giftige slange kom ook in die res van die wêreld voor, met die uitsondering van Ierland, Nieu-Seeland en baie koue streke soos Siberië en Antarktika.

Om self slange te probeer identifiseer, is riskant. Laat dit eerder aan kenners oor. In die verlede het ek al beleef dat ’n rinkhals as rooiliphuisslang geïdentifiseer is en ’n jong boomslang (wat nog nie groen verkleur het nie) ook as ’n skadelose slang. Gelukkig was daar beide kere nie tragiese gevolge nie.

Die reël bly om alle slange met respek te behandel en wanneer hulle jou eiendom betree (of is dit beseil?), ’n ervare kenner te kry om hulle te verwyder. Wees verder bedag daarop dat hulle nie net vir mense nie, maar ook vir huisdiere gevaar inhou. Jaarliks veroorsaak slange die dood van vele honde, katte en ander troeteldiere wat met dié reptiele slaags geraak het.

Wat moet jy doen as ’n slang jou of jou troeteldier pik? Natuurlik moet jy so gou as moontlik mediese hulp kry, maar hier is nog nuttige wenke oor wat jy kan doen terwyl jy na die hospitaal of veearts op pad is:

  • Beweeg versigtig weg van die slang. Moet dit nie probeer vang of doodmaak nie – jy kan weer gepik word.
  • Probeer dit wel afneem vir identifikasie. As jou kamera of selfoon ver is, neem fyn waar hoe dit lyk sodat jy dit kan beskryf. Let op die kleur, lengte, dikte en vorm van die kop.
  • Beweeg so min as moontlik en bly kalm.
  • Verwyder styfpassende klere en juweliersware soos horlosies, of die halsband van die troeteldier voordat swelling begin.
  • Moenie die bytplek sny of probeer om die gif te verwyder of uit te suig nie. Dit werk net in stories en kan meer kwaad as goed doen.
  • Moenie kafeïen, alkohol of pyndoders drink nie.

Hopelik het ons nooit hierdie wenke nodig nie, maar dit is tog goed om dit te weet.

Slange speel ’n belangrike rol in die ekosisteem en moet dus net soos alle ander fauna en flora met respek behandel en bewaar word.

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: KuierKos

Onderneming in die Kollig: KuierKos

Hierdie week se kollig is op KuierKos in Nederland. KuierKos is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest