Leesvordering:

Natuurhoekie – Rooiborsies en janfrederikke

Feb 9, 2024

Deur Alana Bailey

In die dae toe ons nog Kerskaarte vir mekaar gepos het (en die Suid-Afrikaanse Poskantoor nog afgelewer het), was prentjies van rooiborsies nie ’n onbekende gesig nie. ’n Artikel beskryf hulle as klein voëltjies met groot persoonlikhede.

Plaaslik is die janfrederikke baie soortgelyk. Ek wil hulle amper as die Jack Russells van die voëlwêreld beskryf. Klein, nuuskierig en glad nie skaam of skrikkerig vir mense nie.

Om die twee soorte vrolike tuinvriende te vergelyk, is nogal interessant:

Europese rooiborsiesGewone janfrederikke
(Erithacus rubecula)(Dessonornis caffer)
Naam kom van die voorkomsNaam kom van die voël se roep
Rooi borsvereOranje borsvere
Geslagte lyk eendersGeslagte lyk eenders
Weeg 14-25 gramWeeg gemiddeld 28 gram
Lengte van snawel- tot stertpunt: 12-14 cmLengte van snawel- tot stertpunt: 16-17 cm
Sing veral met sonop en sononderSing veral met sonop en sononder
Beide geslagte singBeide geslagte sing
Vreet veral insekte, maar ook saad en vrugteVreet veral insekte en klein reptiele, maar ook saad en vrugte
Kom voor in Brittanje, Europa, Noord-Afrika, Midde-Ooste en Sentraal AsiëKom voor in suidelike en oostelike Afrika
Gemiddelde lewensverwagting: 13 maande, maar in een gedokumenteerde geval het een 19 jaar oud gewordGemiddelde lewensverwagting is onseker, maar in een gedokumenteerde geval het een al 17 jaar oud geword
Lê 4-7 eiersLê 2-3 eiers
Eiers is witterig met rooibruin spikkelsEiers is wit- of pienkerig met rooibruin spikkels

Daar is dus baie ooreenkomste tussen die twee spesies. Beide beweeg ook wip-wip deur die tuine, velde of beboste gebiede waar hulle woon en jag.

Die foto’s is van ’n rooiborsie in die Cotswolds in Engeland, en van die eiers en kuikens van ’n paar janfrederikke wat in my tuin in Pretoria gebroei het.

Die janfrederikke se nesbouproses is indrukwekkend – een lid van die broeipaar week sy of haar buikvere in water om die nesmateriaal nat te maak, sodat dit sag word en makliker in ’n kommetjievorm omskep kan word. Die ander maat dra die nesmateriaal aan.

Beide soorte voëls is so algemeen in die gebiede waar hulle voorkom, dat ’n mens hulle maklik kan miskyk, maar met sonop of sononder beur hulle vrolike sang ’n mens daagliks op.

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest