Leesvordering:

Stop Kuba-skenkings

Feb 12, 2024

Die verhouding tussen die Kubaanse regering en die Suid-Afrikaanse ANC-beheerde regering kom neer op โ€™n bodemlose stortingsterrein vir belastinggeld. Die ANC-regering neem besluite om sy politieke agenda en verhoudings te bevoordeel en wat nie die beste belange van Suid-Afrika of sy burgers op die hart dra nie.

Op 25 Oktober 2023 het AfriForum โ€™n hofsaak teen die regering gewen, hoewel die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking hand en tand in die howe baklei het om met diรฉ R50 miljoen-skenking aan sy Kubaanse vriende voort te gaan. AfriForum het egter nie daar gestop nie. AfriForum het op 18 Oktober 2018 โ€™n aansoek in terme van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting 2 van 2002 (beter bekend as โ€™n PAIA-aansoek) aan diรฉ departement gerig. In diรฉ aansoek dring ons daarop aan dat die departement inligting deel oor skenkings wat oor die afgelope 20 jaar aan Kuba gemaak is.  Dit was reeds in 2016 al bekend dat die Suid-Afrika en Kuba al meer as 30 bilaterale ooreenkomste onderteken het wat groot areas van samewerking behels, insluitend onderwys, wetenskap en tegnologie, landbou, gesondheidsdienste, behuising, en water en sanitasie.

Reeds in 2016 het die departement erken dat samewerking tussen Suid-Afrika en Kuba die hoogste is op die gebied van gesondheid, menslike nedersettings en openbare werke. Hierdie samewerking sluit in tegniese ondersteuning op verskeie terreine, insluitend gesondheid, ingenieurswese en onderwys. Die Suid-Afrikaanse/Kubaanse mediese uitruilprogram het in die vroeรซ 1990โ€™s in werking getree en word beskou as die belangrikste bewys van samewerking tussen diรฉ twee lande. Die ooreenkoms is aangegaan om die erge tekort aan gesondheidsorgpraktisyns in Suid-Afrikaanse landelike en onderbediende stedelike gebiede te verlig. Intussen ontvang Kubaanse dokters in Suid-Afrika die bietjie geld wat die gesondheidsdepartement vir salarisse beskikbaar het, terwyl Suid-Afrikaanse dokters met die minimum tevrede moet wees.

Help AfriForum om hierdie vermorsing van jou belastinggeld stop te sit deur jou naam by te voeg: Stop Kuba-skenkings – AfriForum

Meer oor die outeur

AfriForum Wรชreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 2 โ€“ Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 โ€“ Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap โ€“ Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap โ€“ Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan houโ€ฆ

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest