Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Boekwurm

Feb 13, 2024

Hierdie week se kollig is op Boekwurm. Boekwurm is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Lees meer oor Boekwurm

Gee jou kind die voorsprong van tweetaligheid! Leer, lees en speel in Afrikaans – internasionaal.

Welkom by Boekwurm! My naam is Jeannie, en ek woon sedert 2018 in Sydney, Australië. Kieran is my Aussie-man wat in 2017 begin Afrikaans leer het, en ons het twee seuntjies. Ons oudste is in 2020 gebore.

Ek het tydens die pandemie besef dit gaan moeilik wees om ons kinders ’n wegspring met Afrikaans te gee. Ons glo ook tweetaligheid is van onskatbare waarde vir ons kinders. Boekwurm het dus in 2021 hier in Sydney, Australië ontstaan.

Boekwurm het sedertdien al pakkies na honderde gesinne in Australië, Nieu-Seeland en Kanada gestuur. Ons is mal daaroor om ons kliënte beter te leer ken deur middel van boodskappe, oproepe en sosiale media. Suid-Afrikaners woon en werk op die interessantste dorpe!

Dit sal wonderlik wees as ons kinders met selfvertroue in die taal van hul ouers, oupas, oumas, niggies en nefies kan lees, skryf en kommunikeer! My doelwit is dus om kinders en ouers toe te rus sodat Afrikaanse kinders in die buiteland makliker in kontak met die Afrikaanse taal en kultuur kan bly.

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei, gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word gelys op Wêreldwyd se Wêreldgids.


Ons wil graag hoor waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Kontak Boekwurm

Klik hier om Boekwurm se webtuiste te besoek.

Klik hier om Boekwurm op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest