Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Scenic Air Safaris

Feb 21, 2024

Hierdie week se kollig is op Scenic Air Safaris. Scenic Air Safaris is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Lees meer oor Scenic Air Safaris

Ons bied sedert 2009 luukse privaat huurvlugte en luukse oorgrenslugsafari’s regoor Oos- en Suidelike Afrika.

Die rede waarom ons as virtuose en baanbrekers in die luuksevliegsafaribedryf beskou word, is ons geesdrif vir die ontdekking van Afrika en alles wat met lugvaart te doen het, gekoppel aan ’n lewenslange skep van verbeeldingryke en verantwoordelike lewensveranderende reiservarings. Nog ’n rede is dat ons ’n eersteklas spesialislugvaartoplossingsverskaffer in Oos- en Suidelike Afrika.  

Ons word ondersteun deur ’n volle reeks van BBP- en concierge-dienste regoor die streek, en geen versoek is te veel om jou reis so uitstaande moontlik te maak nie.  

Sluit by Scenic Air Safaris in Kenia aan vir hemelhoë avonture, wonderwerke van bo af kulturele bande, onbeperkte aktiwiteite en onvergeetlike gesinsvakansies.

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei, gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word gelys op Wêreldwyd se Wêreldgids.


Ons wil graag hoor waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Kontak Scenic Air Safaris

Klik hier om Scenic Air Safaris se webtuiste te besoek.

Klik hier om Scenic Air Safaris op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest