Leesvordering:

Opwindende nuus: Akademia eersdaags in die Wes-Kaap

Apr 8, 2024

Akademia betree vanjaar ʼn nuwe groeifase. Die akademiese jaar het op ʼn hoë noot begin deur onder meer die ingebruikneming van ʼn bykomende voltydse kampus in Centurion asook die bekendstelling van twee splinternuwe koshuise. Hiermee saam is die instelling, wat vanjaar sy twaalfde jaar as Afrikaanse studietuiste vier, in die proses om sy geografiese voetspoor in die Wes-Kaap teen 2026 uit te brei.

Akademia geniet reeds ʼn teenwoordigheid in die Wes-Kaap by wyse van sentrums in George, Paarl en Somerset-Wes. Hierdie sentrums word benut deur studente wat via die nauurse afstandsmodel studeer. Volgens Marthinus Visser, besturende direkteur van die instelling, spreek die voorgenome uitbreiding tot Akademia se pioniersgees, asook sy verbondenheid tot die gemeenskap. Die uitbreiding in die Wes-Kaap sal die reeds bestaande netwerk verder versterk en uitbrei. “Akademia is opgewonde oor dié vooruitsig en is opgewonde oor die toekomstige impak wat ons hier sal kan maak,” sê Visser.

Die besluit om Akademia se voltydse kampusmodel, wat tans beperk is tot Centurion in Gauteng, verder uit te brei is voorts ingelig deur deeglike demografiese navorsing. Aldus hierdie navorsingsbevindinge verteenwoordig die Wes-Kaap die grootste konsentrasie van Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika. Hierdie realiteit spreek direk tot die instelling se bestaansrede as ʼn onafhanklike hoëronderwysinstelling wat ten nouste verbonde is tot die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe.

Die voorgestelde kampus sal studente nie net toegang bied tot Akademia se vyf dinamiese fakulteite nie, maar ook tot ʼn bruisende studentelewe. Volgens Visser sal studente tydens hul studiejare voluit hieraan kan deelneem en hul talente op só ʼn wyse ontwikkel dat hulle roepingsgedrewe tot voordeel van hul gemeenskap sal kan leef. “Studentelewe by Akademia het dit ten doel om ʼn tuiste te skep waar studente se hart en denke geïntegreerd kan ontwikkel en ons is daartoe verbind om, soos reeds die geval is by ons kampusse in Centurion, ook in die Wes-Kaap in hierdie ontwikkeling van volronde studente te belê,” sê Visser.

Volgens Visser is daar nog nie vasgestelde tydslyne wat die opening van hierdie kampus betref nie, maar hy bevestig dat daar reeds onverpoosd agter die skerms gewerk word om in onder meer die nodige infrastruktuur- en kapasiteitsbehoeftes te voldoen. Die instelling het reeds ʼn bedryfsbestuurder vir die Wes-Kaap aangestel. Die soeke na ʼn geskikte ligging vir die kampus geniet nou prioriteit. Dit word voorsien dat die voorgestelde kampus in die driehoek tussen die noordelike voorstede, Stellenbosch en die Paarl sal wees.

Meer inligting oor dié opwindende uitbreiding sal volg namate die vestigingsproses vorder.

Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia sê die voorgenome uitbreiding na die Wes-Kaap spreek tot die instelling se pioniersgees, asook sy verbondenheid tot die gemeenskap.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

Deur Derika de Villiers Om oor geestesgesondheid te praat is nog steeds ’n uitdagende aktiwiteit vir baie mense. Ons het in ’n kultuur grootgeword in Suid-Afrika waar jy “gesien en nie gehoor moes word nie”, of “jou sokkies moet optrek” en jou “trane moet sluk”. Die...

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Hierdie week se kollig is op AVW Media Worx. AVW Media Worx is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest