Leesvordering:

Belangrike verkiesingsnuus: Meer stempunte vir Suid-Afrikaners in die buiteland

Apr 11, 2024

Die Demokratiese Alliansie (DA) het ’n belangrike saak in die Verkiesingshof gewen in die stryd vir meer stemlokale in die buiteland in 2024 se algemene verkiesing.

Die hof het bevestig dat Suid-Afrikaanse erekonsulate wel kwalifiseer as konsulate soos per artikel 33 (3) van die Verkiesingswet. Dit baan die weg vir die opening van meer oorsese stemlokale vir die 2024-verkiesing.

Dit is veral belangrik vir die duisende Suid-Afrikaners wat ver woon van Suid-Afrikaanse ambassades of konsulate, soos in die geval van Perth in Australië – nagenoeg 40 000 Suid-Afrikaners hoef nie meer na Canberra te reis om te stem nie.

Kiesers sal hul huidige verkiesingregistrasie moet skuif na een van die nuwe stemlokale deur voor 22 April 2024 die VEC 10-proses te volg.

Aanlyn VEC 10-kennisgewing en -aansoekvorm

Meer inligting sal binnekort volg oor nuwe stemlokale wat geopen is as gevolg van hierdie beslissing. Dit is belangrik dat Suid-Afrikaners in die buiteland op hoogte bly van die implikasies van hierdie groot verandering en die nodige proses volg om wel by ’n nuwe stemlokaal te gaan stem.

Hiermee die uitspraak.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

Deur Derika de Villiers Om oor geestesgesondheid te praat is nog steeds ’n uitdagende aktiwiteit vir baie mense. Ons het in ’n kultuur grootgeword in Suid-Afrika waar jy “gesien en nie gehoor moes word nie”, of “jou sokkies moet optrek” en jou “trane moet sluk”. Die...

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Hierdie week se kollig is op AVW Media Worx. AVW Media Worx is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest