Leesvordering:

Watter tradisies laat jy en jou gesin voortleef in die buiteland?

Apr 12, 2024

Kyk die ouer garde van ander lande jou snaaks aan as jy nog na hulle as “Oom” en “Tannie” verwys? Langarmsokkie julle nog in die sitkamer op Afrikaanse sokkietreffers?

Ons kultuur is meer as net melktert en braaivleis. Wat is daardie klein gewoontes wat jy net eenvoudig nog nie kon afskud nie?

Ons het onlangs ons AfriForum Wêreldwyd-vriende op Facebook gevra.

  • In Denemarke word almal op die voornaam genoem, maar as my seun by die huis kom sal hy verwys na Oom Paul by die skool. En ook om jou plek op die bus aan te bied vir ’n ouer persoon of te wag by ’n ingang. – Angelique Vogel
  • Ons hou gereeld bokjolle op ons dorp in Adelaide, Suid-Australië. – Maritha Keyser
  • Eie biltong en droëwors maak en ek bly Afrikaans praat en ’n bottel Pinotage wyn koop waar ek kan. – Truida Pretorius
  • Tafelgebed al kom kuier gaste. – Danie Haarhoff
  • My man dra ons seuntjie op sy skouers in die winkels – dit verstom die Nederlanders. – Larissa Meyer
  • Braai, koeksisters, biltong, droëwors. Ek gaan sokkie nog en maak ons tradisionele kosse en kom almal bymekaar vir ’n lekker kuier! – Roxanne van Zyl
  • Definitief om oom en tannie te sê vir ouer mense. Maak nie saak wat baie glo nie, my kinders en ons sal oom en tannie tot daardie persoon anders verkies. Respek vir almal van alle agtergronde. Enige geleentheid is ’n goeie rede vir ’n braai, en die ander dae braai ons omdat ons kan. Ons maak ons eie boerewors en ek bederf my kollegas graag met melktert en Peppermint Crisp-tert. Iets wat nie so “normal” is in Nieu-Seeland nie is om te groet en te vra hoe dit gaan. As iemand sê dankie dan sê ek “You’re welcome!” en baie lyk geskok. – Shar-nica du Plessis
  • Braai! Ek maak eie boerewors, droëwors en biltong (het selfs biltongboks gebou). Leer my Franse man om te sokkie. Gebruik selfs “net nou” en “nou-nou” wanneer ek Frans praat. En die ergste ding wat jy kan doen vir die Europeër … loop kaalvoet! – Liesl Schultz Soulard
  • Ons praat meer Afrikaans in die VSA as wat ons toegelaat was in Suid-Afrika. – Antionette Taljaard

Foto: Getty Images/ Unsplash

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest