Leesvordering:

kykNET Internasionaal op ShowMax bring jou huistoe

Mar 10, 2016

Besoek ShowMax.com vir meer inligting en om in te teken.

Kom braai in Tietiesbaai, eet biltong in Benoni of ontspan bietjie behoorlik in Vrede. Dit maak nie saak waar jy nou woon nie, ’n stukkie van jou hart sal altyd tuis wees in Suid-Afrika. En dis daai einste stukkie van jou hart wat so warm klop wanneer jy die beste Afrikaanse programme en flieks in jou nuwe tuisland kan kyk. kykNET Internasionaal op ShowMax laat jou tuis voel met onbeperkte toegang tot al die eg-Afrikaanse vermaak wat jy die heel meeste mis. Of jy nou hou van Getroud met Rugby of Toks ‘n Tjops, Kokkedoor of Molly en Wors, jy sal al jou ou gunstelinge en ’n hele klomp vars nuwe vermaak op ShowMax vind. ShowMax het die grootste video-op-aanvraag biblioteek in Afrika en die Afrikaanse programme sal jy nêrens anders sien nie. Dis 99% soos om weer by die “huis” te wees, veral omdat jy die nuutste episodes van Afrikaanse programme kan kyk binne 24 uur nadat dit in Suid-Afrika uitgesaai is.
Maar nou het jy die kans om 100% tuis te voel: teken voor 30 April in op ShowMax teen slegs US $ 8.99 pm, en jy kan vier retoerkaartjies na Suid-Afrika wen om vir jou familie en vriende te gaan kuier.

Spandeer erfenisdag om die braai saam met geliefdes, noem weer ’n verkeerslig onbeskaamd ’n robot en eet jou ma se kos terwyl jy Binnelanders kyk.  Wanneer jy inteken word jy outomaties ingeskryf – en bestaande intekenaars kom ook in aanmerking vir die prys. Bepalings en voorwaardes geld.

Besoek ShowMax.com vir meer inligting en om in te teken. (Selfs al wen jy nie die prys nie – ten minste kan jy nou weer Binnelanders kyk.)

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest