Leesvordering:

Geniet die beste van “Boer soek ‘n vrou” op ShowMax!

Sep 1, 2016

Jy het seker teen dié tyd al gehoor dat ‘n nuwe seisoen van Boer soek ‘n Vrou op 20 Oktober 2016 begin en dat Minki  van der Westhuizen dit gaan aanbied? Wonder jy dalk waaroor alles gaan en jy nie wil uitmis nie?

Dit is so maklik soos val-uit-‘n-boom.  Teken in op ShowMax vir al die aksie en kry jouself gereed vir seisoen 9 op kykNET. Jy kan met ShowMax agteroor sit en kyk sonder ophou hoe die boere kopkrap en die nooiens pronk, hoe die naels uitkom en hoe die krane van sjarme oopgedraai word.

Reekse 7 en 8 van Boer soek ‘n Vrou is van vanaf 1 September 2016 beskikbaar op Showmax. Vrou-soek is nie perde koop of ploeg of oes nie. Daar moet fyngetrap en mooi gedink word om seker te maak dat die ring op die regte dametjie se vinger gesit word. Maak seker jy is gereed vir al die drama, emosie, intrige en opwinding.

Kry Reekse 7 en 8 van Boer soek ‘n Vrou hier

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest