Leesvordering:

Veldtog in Londen geloods – Ronel van Zyl

Nov 4, 2016

Op 2 November 2016 het die Royal Commomwealth Society sy nuwe veldtog geloods om visumvrye reis vir Suid-Afrikaners wat die Verenigde Koninkryk besoek, te hersien. Die bekenstelling het by The National Liberal Club in Londen plaasgevind, terwyl talle Britse Suid-Afrikaners en Suid-Afrikaners wat in die VK woon, asook verteenwoordigers van die veldtog se belangrike vennote, die geleentheid bygewoon het. Ons het dit bygewoon en ondersteun die veldtog met hart en siel omdat ons na familie en vriende verlang wat besoek aflê van Suid-Afrika, omdat die visums te duur is wanneer dit by die duur vliegkaartjies gevoeg word.    

Lees asseblief meer en onderteken die petisie: https://www.thercs.org/our-work/campaigns/south-african-visitor-visa/

From Good Hope To Great Britain Visumvrye reis vir Suid-Afrikaners wat na die VK gaan vir toerisme of besigheid. https://www.change.org/p/home-office-restore-visa-free-travel-for-south-africans-to-the-uk

Family is not an important thing. It’s everything. Michael J. Fox

Foto’s geneem deur Ronel van Zyl. Besoek haar blog hier.

 

Meer oor die outeur

Ronel van Zyl

’n Passie vir die lewe Ek is ’n Britse Suid-Afrikaner wat in Londen woon en my passie vir Londen, Groot-Brittanje, my geboorteland Suid-Afrika, geleenthede en my reise deel. Ek is ’n vryskutfotograaf en het altyd my kamera by my. Ek glo ’n foto sê baie meer, daarom vang ek graag spesiale oomblikke in beeld vas. Lees Ronel se blog by https://ronelvanzyl.blogspot.com

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest