Leesvordering:

Nuus uit Brisbane – Kerneels Olivier

Feb 9, 2017

Nouja, dié keer het ek weer iets spesiaal om met die lesers te deel, maar van ’n totaal ander aard. Ek het oor ’n tydperk van meer as twee jaar ’n boek oor ons Olivier-gesin geskryf (311 bladsye). Die boek staan bekend as Die Oliviers van toeka tot nou; ’n Herinneringsreis. Dit handel hoofsaaklik oor my ouers en ons sewe kinders, maar ek trek dit ook heelwat verder terug, tot sover as vier geslagte van Oliviers voor die eerste Olivier (Hendrik Corneliszoon) in 1662 in die land aangekom het. Dit is meer in ’n storieverteltrant, maar ek glo baie interessant. 

Ek het die konsepboek verlede Saterdag hier in Brisbane bekend gestel tydens my 20ste kilo-dagpartytjie (20 000 dae sedert my geboorte). Ons het ook al sedert ons hierheen gekom het 20 000 dosyn koeksisters gebak en dié prestasie sommer saam gevier. Ongeveer 75 van ons beste Afrikaanse vriende het dit bygewoon. Dit was ’n reusesukses en almal het dit terdeë geniet.

Ek het so pas my nuusbrief oor die aangeleentheid geskryf en aan my familie en vriende gestuur, maar ek dink ’n mens kan dit verder versprei en dit mag ook vir julle ’n interessante storie wees. Daar was byvoorbeeld vier hoërskoolkinders wat van my ouers se geliefkoosde gedigte kom opsê het. Nóg ’n interessante storie is dat een seun wat hier skoolgaan, Afrikaans goed kan lees, maar met ’n sterk Australiese aksent praat, en dit steeds met trots gedoen het.

Lees Kerneels se nuusbrief hier: Nuus uit Brisbane

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

Deur Derika de Villiers Om oor geestesgesondheid te praat is nog steeds ’n uitdagende aktiwiteit vir baie mense. Ons het in ’n kultuur grootgeword in Suid-Afrika waar jy “gesien en nie gehoor moes word nie”, of “jou sokkies moet optrek” en jou “trane moet sluk”. Die...

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Hierdie week se kollig is op AVW Media Worx. AVW Media Worx is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Ladine Britz, wat in...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest