Leesvordering:

Wellington in Nieu-Seeland se Cubastraat – Pieter Labuschagne

Aug 27, 2015

Daar is min dorpe en stede wat kan roem daarop om ‘n straat as ‘n ikoon te hê! So ‘n straat is Cubastraat in Wellington, in die middel van die Sentrale Besigheidsdistrik (CBD) loop Cubastraat vir ongeveer ‘n kilometer van oos tot wes en verskaf vermaak aan al sy besoekers. Al dikwels beskryf as die “Boheemse” deel van Wellington en beslis die deel van die stad waar kreatiwiteit die botoon voer en elke dag iets anders te voorskyn kom, om net die volgende dag vervang te word met iets anders, net so “kreatief”!

Cubastraat het nie sy naam gekry van die Karibiese eiland aan die oostekant van Amerika nie, maar is vernoem na ‘n skip met eerste setlaars wat aangedoen het in Wellington in die vroeë 1840’s. Maar dit het nie van die inwoners van Cubastraat gekeer om alles daarvan te maak nie en Fidel’s Café verskaf koffie waar “Die koffie Kubaans en die gasvryheid Nieu-Seelands” is. Daar naby is Havanas waar jy van die beste tapas en mengeldrankies kan geniet terwyl jy jou tone kan roer op die maat van “live” Kubaanse musiek!

Cubastraat is die kulinêre en kreatiewe kookpot van Wellington en daar kry eetplekke (nie altyd restaurante nie), kunsgalerye, “vintage” winkels, graffiti-gevulde systraatjies, straatkunstenaars (http://www.youtube.com/watch?v=Tv3b8Fu6InQ) en gemeenskapsruimtes waar breine ontmoet, geklee van sybokhaarpakke tot seilbroeke en T-hempies!

Die fokuspunt van Cubastraat is beslis die “Bucket Fountain”. Dis tipies van Wellington se straatkunswerke en waaroor ek meer gaan gesels in ʼn opvolgartikel. Die “Bucket Fountain” is ontwerp deur argitekte en stadsbeplanners, Burren & Keen, as deel van die opgradering van Cubastraat in 1969. Hierdie fontein bestaan uit ‘n reeks “emmers” wat van bo met water gevul word en dan, soos dit voller word, omtuimel en die water in die volgende “emmer” stort, dikwels met die gespat van water en die genot-van-koes vir verbygangers. Sien die video by http://www.youtube.com/watch?v=sXhpaVMZ2Eg.

As jy van Cubastraat praat, kan jy nie wegkom sonder om oor sy uitstekende eetplekke en restaurante te gesels nie, alhoewel die belewenis daarvan seker nog steeds die beste bly. Ons het selfs ‘n Suid-Afrikaner, Dawie Olivier, wat met sy Meksikaanse restaurant, “The Flying Burrito Brothers” ons naam hoog hou in Cubastraat. Die wêreldbekende Matterhorn is weggesteek, maar as jy hom kan kry by nommer 106, sal jy die drinkplek vind wat met die meeste toekennings in Nieu-Seeland van regoor die wêreld kan spog. Beslis die soek werd.

Voordat ons afsluit, net so ‘n vinnige kykie na nog ʼn paar interessanthede in Cubastraat.

By Slow Boat Records kry jy nog langspeelplate, “seven singles”, regte platespelers en –naalde.

Tatoeëring is deel van die Maorikultuur en ‘n ieder en ‘n elk in Nieu-Seeland het êrens ‘n tatoeëermerkie, party meer as ander … By hierdie winkel kan jy klere kry en as jy nie klere wil dra nie, kan jy jou laat inkleur met ‘n tatoeëerkledingstuk.

Daar is ‘n rusbankie gemaak van skaatsplanke voor ‘n sportwinkel in Cubastraat.

Voor ‘n bordeel adverteer hulle skoene met groot oorspronklikheid.

Dit is dan net so ‘n vinnige kykie na ons Cubastraat in Wellington, ons nuwe tuiste. Cubastraat herinner my dikwels aan Hillbrow van so 30-40 jaar gelede en aan sy Estoril Books-tipe winkeltjies!

Groete!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest