Leesvordering:

Hoe om ‘n Engelse onderwyser in Thailand te word – Marietjie Klynsmith

Okt 15, 2015

 

Toe ons besluit het om in Thailand te kom Engels gee, het ons eers op die internet gesoek na inligting en organisasies wat die pad vir jou oopmaak. Ons het toevallig in die koerant afgekom op ‘n advertensie vir persone wat belangstel in só ʼn avontuur.

Nadat ons die persoon, wat self in Thailand Engels gee, gekontak en haar ontmoet het, het ons besluit om haar te vertrou. Sy het as ons agent opgetree en ons bespreek vir ‘n twee weke lange kursus waarin ʼn mens geleer word hoe om klas te gee vir kinders of volwassenes wat Engels wil leer. As jy nie ‘n graad in onderwys het nie, is dit die gewenste ding om hierdie kursus te loop. Ons agent het ook ons visums gereël, vliegtuigkaartjies uitgesorteer en met algemene navrae gehelp.

So vertrek ons toe saam met 20 ander Suid-Afrikaners na Thailand en ons almal bly in dieselfde woonplek waarin die kursus aangebied word. Dit word ‘n TEFL-kursus genoem (Teach English as a Foreign Language) en daarvoor kry jy ʼn sertifikaat sodat jy by skole en besighede kan klasgee.

Gedurende die twee weke het ons uitgevind dat daar sekere vangplekke was, maar die meeste daarvan was nie ernstig nie. Ons visums was ‘n probleem, maar ons het studentevisums bekom deur verder te studeer. Dit het ons meer gemaklik laat voel om in Thailand aan te bly.

Hoe dit ook al sy, die kursus was genotvol en ons het baie daarby gebaat. Ons is ‘n oorsig gegee van die Thaise kultuur en het heelwat praktiese kennis opgedoen oor hoe om groot klasse te beheer. Ons het ook geleer hoe om vir kinders wat nie ‘n woord Engels verstaan of kan praat nie, Engels te leer. Die persoon wat die kursus aangebied het, is van die Filippyne, aangenaam en kundig. In elke klas moes ons prakties doen wat ons geleer het en ook nuwe speletjies en tegnieke uitdink. Omdat die meeste werk by skole beskikbaar is, was die lesse op kinders gefokus.

Met ‘n sertifikaat in die hand en ‘n aanbeveling van die kursusaanbieder in die sak het ons toe met blink oë opgedaag by ‘n agent se kantoor. Beide van ons het werk gekry by skole in ‘n kleiner stad, nie ver van Bangkok af nie.

En dit is toe dat ons oë oopgegaan het vir al die slaggate in hierdie avontuurlike reis waarmee ons besig is. “Agent” is nou ‘n woord wat ons koue rillings gee as ons dit hoor, maar ons het slim geraak en gebruik nie meer agente om werk te kry nie. Doen dit maar sommer self. Dit is baie maklik om geholpe te raak en ouderdom is nie ‘n faktor nie.

Die een groot probleem waarmee almal van ons gekonfronteer word, is dat die kontrakte wat vir jou aangebied word, nie die papier werd is waarop dit getik is nie. In Thailand staan jy geen kans om die skool of agent met wie jy ‘n kontrak het, hof toe te vat nie. Maar dit is nie ‘n storie wat ʼn mens in ‘n paragraaf of twee kan verduidelik nie. Dit is ‘n baie komplekse probleem.

Nou ja, hier hou ek nou eers op. Volgende keer sal ek vir julle ‘n kykie gee in hoe ons dae hier by die skole verloop.

Terloops, uit die 22 van ons wat hiernatoe gekom het, het net ses oorgebly. Ons byt vir eers vas.

Lees ook: Klasgee in Thailand

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest