Leesvordering:

Wêreldwyd se enig-in-sy-soort-Wêreldgids

Aug 25, 2017

Internetvondse vir Augustus

Mrs Ball’s se blatjang, Ouma Beskuit, All Gold-tamatiesous, rooibostee, Niknaks, biltong, droëwors … Dié produkte is so trots Suid-Afrikaans soos Sarie Marais of ’n skuurskoffel op ’n Saterdagaand. Wêreldwyd se Wêreldgids is waar jy eg Suid-Afrikaanse inkopies in jou kontrei kan doen.

Betsy’s South African Deli is Edmonton, Alberta se plaaslike Suid-Afrikaanse skakel wanneer dit kom by die biltong, droëwors, chilli bites en boerewors. Betsy’s Deli verkoop ook varsgebakte pasteie en soetighede.

Meat Point is ’n vereniging van plaaslike besighede wat spesialiteitskosse soos Britse wors, spek en black pudding, Amerikaanse beef jerky en Suid-Afrikaanse boerewors, biltong, chilli bites en droëwors, expat-vriendelike vleissnitte (verouderde steak, ribbetjies, tjops, roostervleis, sosaties en meer), asook verskeie tipes wildswors en -pasteie met ’n plaaslike kinkel verkoop. Alles word per hand met plaaslike vleis en tradisionele resepte en metodes gemaak.

Op soek na migrasie-inspirasie? Dan is Merise die antwoord! Teken vandag in deur ons webtuiste by www.merise.com te besoek. Merise hou gereelde sosiale en besigheidsnetwerkgeleenthede Kyk uit vir jou uitnodiging op ons Facebook-bladsy of nuusbrief.

Merise is ’n nuusbrief vir die hele gesin wat jou leer hoe om in ’n nuwe land aan en in te pas. Sy is jou nuwe vriendin in die vreemde.

Ons is ervare, kundig en professioneel. Ons spanne gee pryse vooraf, dus weet jy altyd wat om te verwag. Ons bestuur die projek van begin tot einde en jy hoef oor niks bekommerd te wees nie. Ons is betroubaar, ons is vinnig en ons voorsien gratis beramings sonder enige verpligtinge as jy ons bel. Ons glo dat ons kliënte ons kies nie net danksy ons gehalte nie, maar ook oor hoe ons hulle laat voel. Dit is ’n wyse, betroubare keuse om ons te kies.

By Gentle Dental Putney fokus ons daarop om jou van die heel beste, mees professionele tandheelkundige dienste te voorsien. Ons bied sagte behandeling, persoonlike sorg en ervare tandartse en mondhigiënici om die tipe diens te lewer wat mens van ’n privaat tandheelkundige kliniek sal verwag. Vandat jy aanvanklik kontak maak totdat jou spesifieke tandheelkundige plan voltooi is, weier ons op gehaltesorg in te boet en gee ons elke kliënte ons heel beste.

Gebruik hierdie skakel en maak seker dat jou onderneming op Wêreldwyd se Wêreldgids by https://www.wereldwyd.co.za/wereldgids/lys-jou-onderneming gelys word. Jy kan as eienaar van ’n besigheid jou eie profiel hê waar jy kan inteken en veranderinge maak soos jou sake-onderneming verander en groei.

Dié gids het ten doel om mense wat soos vreemdelinge in die buiteland voel, te help om ander Suid-Afrikaners te ontmoet en terselfdertyd hul ondernemings te ondersteun.

Laat weet Wêreldwyd van oulike eg Suid-Afrikaanse besighede in die buiteland en ondersteun jou landgenote.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest