Leesvordering:

Nuwe Film: Sy klink soos lente

Aug 8, 2017

’n Onskuldige klein leuentjie kan jou soms diep in die moeilikheid laat beland. Dít is wat die motorwerktuigkundige Ben in die Afrikaanse romantiese komedie Sy klink soos lente moet leer. Ben ontmoet Linda in ’n kroeg, maar dink onmiddellik dat sy te goed is vir hom omdat sy ’n ouditeur is en hy aan motors werk. Om haar te beïndruk vertel hy haar dat hy deel van ’n musiekgroep is, en dan moet hy vinnig spring om dié storie te laat realiseer voordat sy die waarheid uitvind. Dinge raak egter vinnig selfs meer gekompliseerd wanneer Ben uitvind wie Linda se pa is: Niemand anders nie as sy baas by die werkswinkel waar hy werk!

Amalia Uys en Stiaan Smith vertolk die hoofrolle in Sy klink soos lente, en die byspelers sluit bekendes soos Bennie Fourie, Bouwer Bosch, Pietie Beyers, Wilson Dunster en Elize Cawood in. Boonop is daar ook aangename musiek op die klankbaan – hoe dan anders met ’n fliek wat oor ’n musiekgroep gaan, al is dit dan ’n opgemaakte een. As jy van ’n romantiese komedie met lekker vleis aan die been hou, kyk sommer vandag nog Sy klink soos lente op ShowMax, waar jy al die beste Afrikaanse en internasionale flieks en reekse op een plek sal vind.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest