Leesvordering:

Uit en Tuis met Dirk Scheepers

Okt 19, 2017

Uit en Tuis is ’n rubriek waar ons met mense gesels wat in die buiteland woon of daar gewoon en gewerk het. Vandeesweek gesels ons met Dirk Scheepers, tans woonagtig in Amerika.

Waar woon jy en waarom juis daar?

Ek woon in New York en sal graag verder suid wil verhuis, na Texas, vir beter weer en geen deelstaatbelasting nie. Maar helaas, ek werk in finansies en moet naby Wall Street woon.

Wat doen jy daar?

Ek werk as ’n institusionele makelaar en verhandel korporatiewe effekte van maatskappye soos Amazon en Apple.

Praat julle nog Afrikaans?

My hele gesin is nog in Suid-Afrika, maar ek praat/luister/lees daagliks Afrikaans, veral op my podsend, die DS Program. Meer skakels volg onder.

Waarvan hou jy die meeste van jou lewe daar?

Ek hou van die tekort aan elektriese heinings, bitter min “smash and grab”, die relatiewe lae moordkoers en die feit dat die kleur van my vel gewoonlik minder tel as my vermoë en die inhoud van my karakter. Natuurlik is die goedkoop brandstof en hoë gemiddelde inkomste ook nie sleg nie.

Was dit maklik om nuwe vriende te maak en by die gemeenskap in te skakel?

Dit was baie maklik om in te skakel, veral omdat dit nie vir my ’n probleem was om my Engels te verbeter en die mense om my met respek te hanteer nie. Amerikaners het my met ope arms verwelkom en sou ek hulp benodig, is ek seker hulle sal my bystaan.

Vreemdste om aan gewoond te raak?

Die vreemdste om aan gewoond te raak is seker die “beef jerky”, so nou hang ek maar my eie biltong en begin stadig die Yanks ook leer hoeveel beter biltong is.

Hoe lyk ’n tipiese dag in jou lewe?

My dag begin vroegerig, so 5:30, en ons verhandel regdeur die dag, 7:00 tot 17:00, gewoonlik gevolg deur ’n kliënte-ete. Dan breek die naweek aan en ek ontspan met ’n braai of ’n “road trip”.

Het jy nog kontak met Suid-Afrika en sal jy terugkom?

Ek hou kontak met familie in Suid-Afrika en indien alles goed verloop die volgende paar jaar, kan ek moontlik die droom bewaarheid van ’n “ewige somer”: ses maande in Suid-Afrika en ses maande in die VSA.

Twitter: @DSProgram
iTunes: https://itunes.apple.com/us/podcast/dirk-scheepers-program/id1148322902?mt=2
Stitcher: https://www.stitcher.com/podcast/dirk-scheepers-program
SoundCloud: https://soundcloud.com/dirk-scheepers-2

DS Program (podsend):
Dirk Scheepers en gaste bepeins die nuus, politiek en kultuur. Meestal polities inkorrek, sonder sensuur, met hier en daar ’n kras woord. Ons fokus ook op “Sake wat Afrikaners raak”.

(EN) Culture and politics, among other things, are discussed on this program, often with choice language, listener discretion advised.

Episodes in English and Afrikaans.

Woon jy in die buiteland? Vertel ons van jou avonture. Stuur ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest