Leesvordering:

Internasionale dag van protes

Nov 9, 2017

AfriForum sal op 21 November ’n internasionale dag van protes teen plaasmoorde hou en op Saterdag, 25 November ’n protesoptog na die Uniegebou om ’n memorandum aan die president te oorhandig.

Die internasionale dag van protes sal in aanloop tot die protesoptog plaasvind en sal uit twee aksies bestaan. AfriForum se plaaslike strukture en veiligheidsnetwerke sal op 21 November by meer as 100 polisiestasies regoor Suid-Afrika memorandums oorhandig waarin die prioritisering van plaasmoorde geëis word. AfriForum se afdeling vir internasionale skakeling organiseer ook Suid-Afrikaners regoor die wêreld om op daardie dag memorandums by hul ambassades te oorhandig. ’n Feiteblad, waarin belangrike inligting oor plaasmoorde opgesom word, sal op hierdie dag ook aan internasionale en buitelandse media versprei word.

Suid-Afrikaners in die buiteland wat op 21 November aan die internasionale dag van protes wil deelneem en ’n memorandum by hul ambassade wil oorhandig kan AfriForum kontak deur ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za te stuur.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest