Leesvordering:

NAWEEK NADINK: Moenie doen wat ek sê nie; doen wat ek doen…

Nov 29, 2017

Verlede week maak ons toe ’n draai by die Westminster-paleis oftewel Houses of Parliament, waar die Britse politici werk en vergader. Sekerlik een van die bekendste sienswaardighede van dié pragtige ou gebou is Big Ben, wat natuurlik nie die horlosie is nie, maar die horlosieklok. Hulle is juis besig om vir ou Ben ’n “ontrimpeling” te gee.

Wat veral vir my baie interessant was, is een van die redes waarom jy as lid van die House of Lords verkies kan word. Naamlik deur ’n deskundige op ’n sekere gebied te wees.

Ek dink byvoorbeeld onmiddellik aan iemand soos Lord Sebastian Coe wat in 2000 die titel as Lord gekry het. Wie beter om oor sportaangeleenthede te praat as ’n voormalige wêreldrekordhouer in die 800 m met goue Olimpiese medaljes in die 1 500 m.

Nou wat daarvan?

Daar is steeds te min praktiese insette van entrepreneurs ten einde goeie besluitneming op politieke vlak te bevorder en nóg erger wanneer dit by besigheidsopleiding kom.

Te veel dosente met akademiese grondslagte wat toekomstige besigheidleiers met teoretiese inligting voer. Hierdie probleem begin egter op politiese vlak in Suid-Afrika waar die inhoud van dié kursusse bepaal word, so ek gaan nie te hard op die besigheidsproffies wees nie.

So wat nou?

Ek is besig om ’n nuwe, internasionaal erkende besigheidskursus en internskapprogram te finaliseer met praktiese en beproefde besigheidsadvies as grondslag. Hou hierdie spasie dop!

Ek laat jou met my weergawe van ’n Ingelse sêding: “Moenie doen wat ek sê nie; doen wat ek doen…”

  • My jongste digiTydskrifuitgawe het korporatiewe besigheid ikoon en Afrikaner-gentleman, Brand Pretorius, op die voorblad: Klik hier vir meer inligting.
Meer oor die outeur

Jacques Basson

Na wonderlike kinderjare in Riebeeckstad en vele jare op Kovsie-kampus ten einde my potspel (pool game) te vervolmaak (halwe waarheid) en ’n besigheidsgraad te voltooi, begin my korporatiewe verkope en bemarkingsloopbaan in 1999 met die Coca-Cola maatskappy. Coca-Cola se bestuursontwikkelingsprogram, Kusile, het my besigheidskundigheid vinnig ontwikkel en vyf addisionele maatskappye en senior rolle in Suid-Afrika en Engeland later – vir onder meer Parmalat, Ecolab, Luxottica en Polaroid Eyewear – begin ek ’n kommersiële skoonmaakbesigheid, VanBroc Cleaning, in 2007, gevolg deur ’n gesamentlike onderneming met ’n kommersiële skoonmaakbesigheid in Austin, Texas in 2012. Na 14 jaar in Engeland het ek en my gesin vroeg in 2018 Suid-Afrika toe terug getrek en ons woon tans in Centurion. Natuurlik is Klipkouers-podsend die nuwe babatjie in die besigheidsfamilie en ek het julle hulp nodig met kind grootmaak!

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest