Leesvordering:

Gratis kinderboek teen geweld in vier Suid-Afrikaanse tale!

Nov 30, 2017

LAPA Uitgewers en die bekroonde skrywer Wendy Maartens het pas aangekondig dat die prenteboek Drie hoera’s vir Denver gratis, en in vier Suid-Afrikaanse tale, in PDF-formaat beskikbaar gestel word as deel van die veldtog 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders.

Hierdie pragtige, volkleur boek is dus van vandag af gratis beskikbaar in Afrikaans, Engels, Xhosa en Zoeloe. Klik hier: http://bit.ly/2iasRVp – of maak gebruik van die QR-kode (onder) wat gedruk en gefotostateer kan word.

Die belangrike internasionale veldtog, 16 dae van aktivisme, word elke jaar van 25 November tot 10 Desember gehou om bewusmaking te kweek vir die lot van vroue en kinders wat slagoffers van geweld is.

Drie hoera’s vir Denver vertel die aangrypende verhaal van ’n seuntjie genaamd Denver wat baie mooi kan sing, maar begin hakkel nadat sy ma se kêrel by hulle kom bly. Die storie wys op ’n deernisvolle manier hoe dinge uiteindelik beter word nadat Denver die moed bymekaarskraap om sy ma en sy sangjuffrou te vertel dat dinge nie reg is by die huis nie.

Drie hoera’s vir Denver het in 2009 die eerste keer by LAPA Uitgewers verskyn, met illustrasies deur Alida Bothma. Dit is ook in Engels, Xhosa en Zoeloe vertaal. Benewens ’n storie, bevat die boek ook belangrike wenke wat ouers en versorgers kan volg om kinders te bemagtig sodat hulle nie sal stilbly oor mishandeling nie.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest