Leesvordering:

Nuwe Sitkom – Die Kasteel

Jan 18, 2018

Die Kasteel is ’n splinternuwe Afrikaanse kykNET-sitkom wat – soos dit ’n behoorlike sitkom betaam – regstreeks voor ’n ateljeegehoor verfilm word. Die storie gaan oor Eckhard en Tina-Marie de Wet, voorheen welaf inwoners van Waterkloof, wat al hulle geld in ’n Ponzi-skema verloor. Al wat hulle oor het, is hul luukse huis, en hulle besluit om dié in ’n boetiekhotel te omskep om die familie van totale ondergang te red. Hul donskopdogter, Michellay, probeer hand bysit en die tuinier Wilson en huishulp Cecilia moet natuurlik ook bontstaan wanneer die gaste begin aanklop – al het niemand eintlik die vaagste benul wat hulle doen nie. Die Kasteel spog met ’n sterbelaaide rolverdeling: Hannes Muller, Dorette Potgieter, Cintaine Schutte, Solomon Cupido en Pulane Sekepe is die sentrale spelers, en elke week is daar ook ’n kleurvolle span gasspelers wat die lagspiere help tokkel. Daar is weekliks ’n nuwe episode van Die Kasteel op ShowMax beskikbaar.

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest