Leesvordering:

AfriSake hou beraad oor grondonteiening sonder vergoeding

Mar 7, 2018

Die sakeregte organisasie AfriSake het op 6 Maart 2018 ’n blitsberaad oor grondonteiening sonder vergoeding gehou. Dít volg nadat die EFF se mosie vir die onteiening van grond sonder vergoeding, wat ook deur die ANC ondersteun is, in die parlement aangeneem is.

Die beraad is deur verteenwoordigers van verskeie burgerlike organisasies bygewoon, naamlik AfriForum, AgriSA, die FW de Klerk Stigting, die Helen Suzman Stigting, die Solidariteit Beweging, die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseaangeleenthede (IRR), TLU SA, en die Vryemarkstigting.

Die DA, VF+, en ACDP wat teen dié mosie gestem het, het ook spreekbeurte by die beraad gehad.

Die beraad het plaasgevind onder die Chatham Huis Reël. Ingevolge dié reël mag inligting wat by die beraad verkry word, gedeel word, maar nie aan enige spreker of organisasie waarby só spreker geaffilieer is, toegeskryf word nie.

Tydens die beraad het die verteenwoordigers van die verskeie organisasies hul interpretasies en voorgenome aksies met betrekking tot die ANC en EFF se mosie vir onteiening sonder vergoeding bespreek.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake, meen dit is duidelike dat al die organisasies wat die beraad bygewoon het dit eens is dat die mosie met alle mag teengestaan moet word.

“Dit is van kardinale belang dat die burgerlike samelewing dringende stappe neem om eiendomsreg te beskerm,” sluit Le Roux af.

AfriSake sal voortgaan om onverpoosd vir die beskerming van eiendomsreg te veg.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest