Leesvordering:

Towerpaleis

Mar 15, 2018

Ek is gek oor die sneeu wat dié week in ons dorpie en by Hampton Court-paleis geval het. Dit was ekstra spesiaal om my gunstelingpaleis toe onder die sneeu te sien. Ek was meegevoer!

“Die eerste sneeuvlaag is nie net ’n gebeurtenis nie, dis ’n towergebeurtenis. Jy gaan bed toe in een wêreld en word wakker in ’n gans ander, en as dit nie betowering is nie, waar sal mens dit dan kry?” J.B. Priestley

Fotografie: Ronel van Zyl

Hampton Court-paleis is een van die koninklike paleise in Londen wat teen die Teemsrivier lê. Kardinaal Wolsey, een van koning Henry VIII se gunstelinge (hoewel hy later van hoogverraad aangekla is), het dié paleis in 1515 begin bou. Ná Wolsey se val het die koning die paleis vir homself gevat en later vergroot. Hampton Court en die St. James-paleis is die enigste twee paleise van Hendrik VIII wat nog bestaan. Koning George II was die laaste monarg wat die paleis bewoon het.

Lees Ronel se blog by https://ronelvanzyl.blogspot.co.uk

Meer oor die outeur

Ronel van Zyl

’n Passie vir die lewe Ek is ’n Britse Suid-Afrikaner wat in Londen woon en my passie vir Londen, Groot-Brittanje, my geboorteland Suid-Afrika, geleenthede en my reise deel. Ek is ’n vryskutfotograaf en het altyd my kamera by my. Ek glo ’n foto sê baie meer, daarom vang ek graag spesiale oomblikke in beeld vas. Lees Ronel se blog by https://ronelvanzyl.blogspot.com

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest