Leesvordering:

Nuut op Showmax: Dis koue kos, skat.

Mar 15, 2018

Dis koue kos, skat is ’n romantiese komedie met ’n reuse, warm hart. Vanaf 12 Maart kan ShowMax se internasionale intekenare agteroorsit om aan dié heerlike fliek te smul. Die fliek is gebaseer op die topverkoperroman deur Marita van der Vyver en Anna-Mart van der Merwe speel die rol van Clara Brand, ’n vrou wat deur haar middeljarige man (Deon Lotz) vir ’n jong bokkie (Angelique Gerber) ingeruil word. In die nadraai van die egskeiding begin Clara haar passie vir kookkuns uitleef en uiteindelik ontmoet sy vir Ari (Frank Opperman), ’n man wat met net soveel oorgawe as sy kook – en dan begin die vonke spat! Regisseur Etienne Fourie (Die windpomp, Liewe Kersfeesvader) het saam met Marita van der Vyver die boek tot draaiboek verwerk, en onder sy regisseurshand lewer die spelers fantastiese vertolkings. Elzabé Zietsman steel die kollig as Clara se beste vriendin Minette, en Riaan Visman en Bouwer Bosch sorg ook vir komiese oomblikke. Dis koue kos, skat is ’n wêreldklasfliek, vergelykbaar met treffers soos Love, Actually en Notting Hill wat jou weer sal laat glo in die liefde – en lus maak vir smaaklike kos!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest