Leesvordering:

Daar is stilte in die oog van ’n tornado – Deel 3

Jun 6, 2018

Dit is belangrik dat ek weer eens beklemtoon dat ek baie meer positiewe as negatiewe dinge ervaar sedert ek terug in Suid-Afrika is. Daar is wel ’n paar minder lekker dinge wat ons begin agterkom het, asook ’n paar simpel dinge. ’n Voorbeeld van laasgenoemde is dat ek twee voertuie binne die eerste maand kon koop, maar eers ná drie maande vir ’n selfoonkontrak kwalifiseer!

Selfsug op die pad is egter ’n bietjie erg. In Engeland spring mense letterlik op hul remme as jy jou flikkerlig aansit (wat ook soms gevaarlik is). Hier versnel mense sodra jy jou flikkerlig aansit. Mense word ook hier soos ’n vlieg tot koeimis aangetrek om op wit lyne verby te steek. Daar’s iets in baie mense se optrede wat skreeu: “If you can’t beat them, join them!” Ek weet egter vir ’n feit dat dit tot verdere afbreek van norme en waardes lei, en dat dit kosbare emosionele energie vermors om só te dink, of selfs erger – om dit vooraf te beplan.

Te veel moord en doodslagnuus oral, veral op die radio en internetnuuswebtuistes. Waarvoor? Hulle bly ook voortbestaan omdat mense aanhou luister en lees. Luister eerder na podsendings (ja, ek is bevooroordeeld), waar jy luister na wat jy wil en wat jou lewe gaan verryk in stede van vrees veroorsaak.

Ek laat jou met die volgende gedagte: Almal gaan aan oor Zuma en die ANC se skelmstreke, maar jý wat op die geel lyn of dubbele wit lyn verbysteek, die verkeersbeampte omkoop, wit leuentjies vertel, daardie rooiwarm kontanttransaksies doen waarvan die SAID nie weet nie en dit in jou kop regverdig. Hoe is jy anders? Of is dit aanvaarbaar omdat dit ’n “kleiner sonde” is?

Ons is nie Italianers – wat hul wette as interpreteerbaar beskou – nie. Stel die voorbeeld, selfs al is dit net ten minste vir diegene naaste aan jou. Méér belangrik nog, jy moet probeer om ’n verskil te maak met betrekking tot daardie dinge waarop jy ’n groter fokus wil plaas. Sulke optrede het nooit vrees tot gevolg nie.

Lekker week verder en onthou: ’n Aanhouer wen!

Kom luister:

Meer oor die outeur

Jacques Basson

Na wonderlike kinderjare in Riebeeckstad en vele jare op Kovsie-kampus ten einde my potspel (pool game) te vervolmaak (halwe waarheid) en ’n besigheidsgraad te voltooi, begin my korporatiewe verkope en bemarkingsloopbaan in 1999 met die Coca-Cola maatskappy. Coca-Cola se bestuursontwikkelingsprogram, Kusile, het my besigheidskundigheid vinnig ontwikkel en vyf addisionele maatskappye en senior rolle in Suid-Afrika en Engeland later – vir onder meer Parmalat, Ecolab, Luxottica en Polaroid Eyewear – begin ek ’n kommersiële skoonmaakbesigheid, VanBroc Cleaning, in 2007, gevolg deur ’n gesamentlike onderneming met ’n kommersiële skoonmaakbesigheid in Austin, Texas in 2012. Na 14 jaar in Engeland het ek en my gesin vroeg in 2018 Suid-Afrika toe terug getrek en ons woon tans in Centurion. Natuurlik is Klipkouers-podsend die nuwe babatjie in die besigheidsfamilie en ek het julle hulp nodig met kind grootmaak!

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest