Leesvordering:

Onteiening sonder vergoeding: AfriForum versoek internasionale beleggers in videoboodskap om druk op SA-regering te plaas

Aug 1, 2018

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag begin om ’n videoboodskap wyd onder internasionale beleggers, graderingsagentskappe en regerings te versprei. In dié video versoek AfriForum beleggers om druk op die Suid-Afrikaanse regering en president Cyril Ramaphosa te plaas om van hul planne af te sien om eiendom sonder vergoeding te onteien. Dié videoboodskap is vanoggend vervaardig in reaksie op Ramaphosa se aankondiging gisteraand dat die regerende ANC-party besluit het om die Suid-Afrikaanse Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Ramaphosa se aankondiging is gemaak slegs ’n dag ná die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) gewaarsku het dat die voortslepende debat oor onteiening sonder vergoeding buitelandse beleggers kan afskrik.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, wys in die videoboodskap daarop dat Suid-Afrika internasionale beleggings broodnodig het en dat Ramaphosa vroegtydig deur beleggers gewaarsku moet word om die skending van eiendomsreg te voorkom. “Die geskiedenis wys dat internasionale beleggers, ongeag wat AfriForum of enige iemand anders sê, nie bereid is om in ’n land te belê waar eiendomsreg nie beskerm word nie. Daarom is internasionale druk nóú reeds nodig om te voorkom dat beleggers nie afgeskrik word nie.”

Kriel wys in die video daarop dat die miskenning van eiendomsreg katastrofiese gevolge in lande soos Venezuela en Zimbabwe gehad het. Hy voer voorts aan dat die huidige werkloosheidskoers van 90% in Zimbabwe bewys is dat die miskenning van eiendomsreg nie net diegene nadelig raak wat eiendom besit nie, maar almal. “Internasionale beleggers word dus gevra om in belang van miljoene Suid-Afrikaners in te tree om ’n ekonomiese katastrofe te help voorkom,” voeg Kriel by.

Die feit dat Ramaphosa die besluit aangekondig het om die Grondwet te wysig nog voordat die openbaredeelnameproses afgehandel is, wys volgens Kriel daarop dat die huidige deelnameproses ’n klug is. “Om reeds ’n besluit te neem voordat die deelnameproses afgehandel is, gee aan AfriForum sterk regsgronde om die openbaredeelnameproses in die howe ongeldig te laat verklaar,” sê Kriel.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest