Leesvordering:

Immigrasiegesondheidstoeslag: prysskok vir aansoekers vir Britse visums

Nov 1, 2018

Suid-Afrikaners wat vir Britse visums en permitte aansoek doen, sal vanaf Desember 2018 dubbel die huidige Immigrasiegesondheidstoeslag moet betaal. Die voorgestelde verhoging is nog onderhewig aan goedkeuring van die Britse parlement, maar volgens alle aanduidings sal dit toegepas word.

Wat is die Britse Immigrasiegesondheidstoeslag?

Die Britse regering het die Immigrasiegesondheidstoeslag in 2015 ingestel. Die rede vir hierdie toeslag was om te verseker dat nie-EU-burgers ‘n finansiële bydrae lewer tot die koste van die gebruik van die Britse Nasionale Gesondheidsdiens (NHS).

Die Britse regering het onlangs geraam dat migrante na Brittanje die NHS gemiddeld £470 per persoon per jaar kos. Dit is ook die rede waarom daar besluit is om die toeslag met ingang van Desember 2018 te verdubbel.

Wie moet die Immigrasiegesondheidstoeslag betaal?

Suid-Afrikaners wat vir Britse besoekersvisums aansoek doen, hoef gelukkig nie hierdie toeslag te betaal nie.

Suid-Afrikaners en ander nie-EU-burgers wat vir alle ander Britse visums en permitte vir tydperke langer as ses maande aansoek doen, moet dié Immigrasiegesondheidstoeslag betaal.

Vanaf Desember 2018 is die koste £400 per persoon per jaar. Die kortingstarief vir studentevisumaansoekers en persone wat vir die jeugmobiliteitvisum aansoek doen, is £300 per persoon per jaar vanaf Desember 2018.

Persone wat vir Indefinite Leave to Remain en vir Britse burgerskap aansoek doen, hoef nie dié toeslag te betaal nie.

Wanneer is die Britse Immigrasiegesondheidstoeslag betaalbaar?

‘n Nie-EU-burger wat vir ‘n Britse visum vir ‘n tydperk van langer as ses maande aansoek doen, moet bewys van betaling van die toeslag insluit. Die bedrag betaalbaar moet die hele tydperk dek van die Britse visum waarvoor die persoon aansoek doen. Die betaling word dus as deel van die visumaansoek ingevorder. Gelukkig sal die Immigrasiegesondheidstoeslag terugbetaal word as ’n visumaansoek nie suksesvol is nie.

Doen voor Desember 2018 aansoek

Die verhoging van die toeslag tref sleg. Gelukkig is dit nog moontlik om vir jou Britse visum aansoek te doen voordat die verhoging van krag word. Diegene wat belang stel, moet sonder versuim met Breytenbachs Immigration Consultants in verbinding tree.

Ons beveel sterk aan dat aansoekers vir Britse visums met betroubare agentskappe skakel om hulle by te staan. Dit is noodsaaklik dat elke visumaansoek deeglik beplan en nagegaan word deur ’n persoon met die nodige kundigheid en ervaring op die gebied van immigrasie. Selfs ’n oënskynlik irrelevante of foutiewe detail of weglating op ’n visumaansoek kan meebring dat ’n visum geweier word.

Let asseblief daarop dat die inligting in hierdie artikel nie professionele advies is nie en slegs vir algemene inligting verskaf word, sonder enige waarborg van enige aard, hetsy uitdruklik of by implikasie. Vir meer inligting oor die Immigrasiegesondheidstoeslag, besoek die Breytenbachs-webtuiste by https://bic-immigration.com/uk-immigration/health-immigration-surcharge/

Meer oor die outeur

Breytenbachs Immigration Consultants

Breytenbachs Immigration Consultants, of BIC soos ons algemeen bekend staan, spesialiseer in Britse en Suid-Afrikaanse immigrasie. Vanuit ons hoofkantoor in Londen en drie susterkantore in Suid-Afrika – Pretoria, Kaapstad en Durban – help ons kliënte in beide lande.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest