Leesvordering:

Julie tot Augustus 1863 – Die Alabama kom in Kaapse waters aan.  

Nov 14, 2018

Almal ken die liedjie  Daar kom die Alibama, maar min mense ken die interessante geskiedenis van die skip wat 147-jaar gelede in Kaapse waters aangekom het.

Die Alabama is op 15 Mei 1862 in Liverpool, Engeland, te water gelaat. Dit was ‘n oorlogskip wat aan die kant van die Suidelike State van Amerika in die Amerikaanse  burgeroorlog geveg het, hoewel die bemanning grotendeels uit Britte bestaan het.  Die Alabama wou verhoed dat voorrade die Noordelike State bereik en het tussen 200 en 300 handelsskepe buitgemaak of gesink tydens haar bestaan.  Een van die spannende gevegte het op 6 Augustus 1863 in Tafelbaai plaasgevind, waar die Alabama in ‘n geveg met die skip Sea Bride gewikkel was.  Die Kapenaars het strand toe gestroom en die geveg angstig dopgehou.  Die stryd het die Kaap op geen wyse geraak nie, maar was ‘n skouspel waaraan hulle nie gewoond was nie.

Dié keer het die Alabama gewen, maar op 20 Junie 1864 was sy nie so gelukkig nie.  Sy is naby die Franse kus deur die Noordelike State se fregat, Kearsarge gesink.  Weer het ooggetuies van die Franse en Britse kus af die geveg dopgehou.  Dit was die einde van ‘n skip met ‘n merkwaardige rekord:

Upon the completion of her seven expeditionary raids, Alabama had been at sea for 534 days out of 657, never visiting a single Confederate port. She boarded nearly 450 vessels, captured or burned 65 Union merchant ships, and took more than 2,000 prisoners without a single loss of life from either prisoners or her own crew.

Al het die Alabama kwalik twee jaar lank die see bevaar, leef haar legende steeds voort in ons volksliedjie.

 

Bronne:

  1. Wallis, Nuusdagboek, Human en Rousseau, Kaapstad, 2000.

A.J. Böeseken, Die Nuusbode, Nasou, Kaapstad, geen datum.

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest