Leesvordering:

Boek van die Week: Van Afrikaans gepraat

Des 5, 2018

Van Afrikaans gepraat, ’n splinternuwe boek deur Christo van Rensburg, is nou te koop.

Waar het Afrikaans begin? Wie het eerste Afrikaans gepraat? Was die Kaap regtig Hollands?

Hoe het die Khoi en die Portugese met mekaar handel gedryf?

Watter rol het slawe gespeel in die ontstaan van Afrikaans?

Wat is die invloed van townships op Afrikaans?

Hoe het die verskeie trekke Afrikaans beïnvloed? Die taalkontak wat daaruit gevolg het, of selfs ook die vrees vir taalkontak, is een van Afrikaans se belangrike stories.

Die skryf van Afrikaans het op verskillende maniere begin, met sterk invloede uit die Islam. Afrikaans se standaardisering gaan met heelwat vertellings gepaard.

Die boeke is moontlik gemaak deur ’n ruim skenking van die Afrikaanse Taalraad (ATR) en is ’n koproduksie tussen Malan Media en LAPA Uitgewers. Die boek word deur LAPA bemark en versprei.

Oor Van Rensburg se vorige boek, So kry ons Afrikaans, het Dr. Willa Boezak gesê: “Dit het my lewe verander. Dit het van my ’n taalaktivis gemaak.”

Prof. Christo van Rensburg is een van Suid-Afrika se bekendste linguiste. Hy was veral bekend vir sy werk op Afrikaans se dialekte. Hy het afgetree as ’n direkteur by die Eenheid van Taalvaardigheid aan die Universiteit van Pretoria.

Christo Van Rensburg is oorlede die aand toe hy aan die finale bladproewe gewerk het. Prof. Hans du Plessis het die projek verder bestuur namens die gesin.

Van Afrikaans gepraat

Christo van Rensburg

9780799384765

R250,00

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest