Leesvordering:

Geboortesertifikaatreëls vir buitelandse toeriste word geskrap

Mar 27, 2019

Buitelandse minderjariges wie se ouers dieselfde van het en wat saam met albei ouers reis, sal binnekort nie meer ’n geboortesertifikaat hoef te toon wanneer hulle Suid-Afrika binnekom nie. Hierdie vereiste het groot struikelblokke vir internasionale toerisme veroorsaak, en veranderinge sal dit vir buitelanders makliker maak om met hul kinders te reis. Minderjariges uit lande wat ’n visum benodig, sal steeds ’n geboortesertifikaat moet indien wanneer hulle aansoek doen vir ’n visum, maar hulle sal nie daarmee hoef te reis nie.

Die departement van binnelandse sake het die hersiening op 22 Maart 2019 gepubliseer. Hulle hoop wanneer hierdie verslapping van die reëls ten volle geïmplementeer is, sal dit help om toerismegetalle te verhoog omdat dit vir gesinne makliker behoort te wees om sonder probleme deur Suid-Afrikaanse doeane te kom.

Volgens Sue-Ann de Wet, AfriForum se projekkoördineerder vir Suid-Afrikaanse diaspora, is hierdie veranderinge waarskynlik te laat. “Dit het die regering vier maande geneem om duidelikheid oor hierdie situasie te kry. Ons het ons kommer oor die gevolge van die visumregulasies uitgespreek toe dit aanvanklik in 2014 aangekondig is. Suid-Afrika se toerismebedryf het reeds groot verliese gely, waaronder verliese aan werksgeleenthede.”

Soos in baie ander lande is daar spesiale vereistes vir kinders wat alleen reis, kinders wat saam met net een ouer reis, en ouers met verskillende vanne.

Die reisregulasies vir Suid-Afrikaners jonger as 18 bly dieselfde. Hulle moet ’n volledige geboortesertifikaat en skriftelike toestemming deur hul ouer(s) of voog(de) toon vir goedkeuring van hul reisplanne. AfriForum doen ’n dringende beroep op ouers om nie oorgerus te wees nie. Dit is beter om vroegtydig aansoek te doen vir ’n volledige geboortesertifikaat om teleurstelling te voorkom wanneer u wil reis.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest