Leesvordering:

Vyf happies wat Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste mis!

Mar 28, 2019

Wat is jou gunsteling- Suid-Afrikaanse happie? Is dit Eat-Sum-Mor, Lemon Cream-beskuitjies, Provita’s of Ouma se karringmelkbeskuit? Sedert 2017 het talle Suid-Afrikaanse winkels in veral die Verenigde Koninkryk gesukkel om Suid-Afrikaanse produkte in te voer. Dit is glo weens Suid-Afrika se gebrek aan ’n residu-beheerplan wat voorsien dat voedselprodukte met bestanddele wat van diere afkomstig is onder sekere maatreëls verkry word. Vreemd genoeg word talle sjokolades soos BAR.ONE, Caramel Creams, CHOCOLATE LOG en verskeie koekies ook deur dié nuwe maatreëls geraak.

Gelukkig is daar talle Suid-Afrikaanse produkte waaraan die wêreld nog aan kan smul. En elkeen met sy eie interessante stories.

Hier is vyf produkte wat Suid-Afrikaners die meeste begin mis sodra hulle in die buiteland gevestig is:

Creme Soda

Creme Soda – die groen regmaker van Sparletta wat almal ken. Maar het jy geweet dat Creme Soda net in Suid-Afrika, Swaziland en Zimbabwe groen is? In Nieu-Seeland is dit geel en ook in Hong Kong, maar hiér word dit selfs saam met vars melk gedrink! In Nederland word dié drankie Fizz genoem en is dit ’n karamel-kleur; in Amerika is dit ligbruin en in Kanada pienk!

Peppermint CRISP

Peppermint CRISP is in Suid-Afrika deur Wilson-Rowntree geskep en word vandag deur Nestlé vervaardig. Peppermint CRISP word in Suid-Afrika, Australië en Nieu-Seeland verkoop. Dit word ook natuurlik in Suid-Afrika gebruik om Peppermint CRIPSP-tert te maak, maar word ook in Australië en Nieu-Seeland gebruik om soms ’n Pavlova-nagereg ’n ekstra geur te gee.

Ouma-beskuit

Ouma-beskuit is vir die eerste keer in 1939 tydens die Groot Depressie deur Elizabeth Ann Greyvensteyn in die Oos-Kaap gebak. Die eerste beskuit is aanvanklik onder die naam Outspan Rusks verkoop, maar die naam is later na Ouma verander.  Ouma-beskuit is oor die wêreld gesog, en nie net in Suid-Afrika nie. In 2017 het Suid-Afrika bykans 1,5 ton daarvan na Australië, Botswana, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Namibië, Nieu-Seeland, Swaziland, die VK, Zambië en Zimbabwe uitgevoer.

Simba Chips-skyfies

Die Greyvensteyn-naam word in Suid-Afrika nie net met Ouma-beskuit geassosieer nie, maar ook toevallig met Simba Chips-skyfies! Simba is ’n gesogte Suid-Afrikaanse aartappelskyfie wat vir die eerste keer in 1957 deur die Greyvensteyn-familie bekend gemaak is. Leon Greyvensteyn het in 1955 na Duitsland gereis, waar hy Herman Lay, een van die stigters van die Frito-Lay maatskappy, ontmoet het.  Dié twee mans het goeie vriende geword. Die Greyvensteyn familie het toe die idee gekry om ’n nuwe peuselhappie in Suid-Afrika bekend te stel.

Provita

Die bekende Bakers-maatskappy in Suid-Afrika is bekend vir Salticrax, Provita, Kips, Cream Crackers, Romany Creams en Tennis-beskuitjies. Suid-Afrikaners is omtrent gaande oor dié soet en sout bederfies! Bakers se ontstaan het in 1851 aanvang geneem toe John Frederick Baumann van Engeland na Suid-Afrika verhuis het en sy eerste bakkery in Durban gevestig het. Maar dit is eers toe sy neef, John Michael Leonard Naumann (oorspronklik ’n Duitser), in 1881 by die besigheid aangesluit het dat hulle gevorderde koekie-masjienerie aangeskaf het. In 1915 het die maatskappy koekies vir die weermag gemaak en twee van J. M. L Baumann se seuns het self in Namibië teen die Duitsers geveg. Weens die anti-Duitse sentiment het die maatskappy sy naam van L. Baumann & Co. na Bakers verander.

Suid-Afrikaners is natuurlik steeds mal oor biltong en droëwors, ’n goed gemarineerde biefstuk en malvapoeding. Maar dit is veral wanneer mens nie ’n produk in die hande kry nie dat mens dit die meeste mis. As jy weet van enige ander Suid-Afrikaanse produkte wat in groot aanvraag is onder Suid-Afrikaners in die buiteland, laat weet ons!

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest