Leesvordering:

Boek van die week: Draakasem

Mei 2, 2019

Raaauuur! – Dit is draaktaal vir: “Jaco Jacobs is beslis die meester van Afrikaanse kinderboeke”.

Draakasem vertel die verhaal van Darius Dreyer wat bang is vir amper alles, veral vir die skool se swemjuffrou en die hoë duikplank. In sy eksentrieke familie is Darius die enigste bangbroek: Sy pa is ’n waaghals, sy ma ’n brandweervrou, sy vyfjarige sussie klouter op die skool se dak en sy oupa is ’n afgetrede bokser en kranige serpbreier! Darius se oupa is die tipiese wyse ou man wat in elke kinderstorie moet wees. Hy probeer vir Darius oortuig dat hy baie ander talente het waarvoor hy nie bang is nie, maar wanneer dit nie help nie gee hy vir Darius ’n geskenk wat sy lewe en sy persepsie op die lewe vir altyd gaan verander.

Darius leer nie net homself beter ken nie, maar hy leer ook om sy vriend te vertrou, teen die skoolboelie en dié se ma (die skool se swemjuffrou) op te staan, en die belangrikste van alles – dat hy nie bang hoef te wees nie.

Linki Brand se illustrasies gee lewe aan Jaco Jacobs se verbeeldingryke storie en maak die lees daarvan ook sommer ekstra lekker!

Draakasem is ’n lekkerleesverhaal ideaal vir die jongspan, met ’n boodskap wat baie volwassenes gerus ook ter harte kan neem. Buiten die drake wat ons ongelukkig nie in die regte lewe teëkom nie, bespreek Jaco Jacobs ook die probleme en struikelblokke wat jong kinders elke dag ervaar maar nie noodwendig uitdruk nie: boelies, onsensitiewe onderwysers en uitdagende aktiwiteite. Jacobs lê egter ook klem op die waarde van vriendskap en familie wat jou aanvaar net soos wat jy is en, die belangrikste: Dat jy jouself moet aanvaar en die krag wat jy in jou het, moet raaksien.

Dit is die perfekte boek vir ouers om vir hul kinders te lees of vir jong lesers van sewejarige ouderdom af wat al self lees. Die groot drukskrif en kort hoofstukke maak dit maklik vir jong lesers om gemotiveerd te bly om die kort boekie gemaklik klaar te lees – en as die jongspan klaar is daarmee hoef volwassenes ook nie skaam te wees om dié oulike boek self op te tel nie.

Onthou, binne elkeen van ons is daar ’n draak wat ons help om ons vrese te oorwin!

*Draakasem is ’n publikasie van LAPA Uitgewers en is by alle vooraanstaande boekwinkels teen R120 te koop.

Meer oor die outeur

Chante Kelder-Jansen van Rensburg

Chanté Kelder-Jansen van Rensburg is 'n mediaskakelbeampte by AfriForum. In haar vrye tyd hou sy daarvan om boek te lees en ook om self so bietjie te skryf.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest