Leesvordering:

Afrikaans is Lekker 2019 – Kanada

Mei 15, 2019

Kom geniet Juanita du Plessis, Ruan Josh, Franja du Plessis en Refentse saam met South African Events in Kanada. Afrikaans is Lekkergaan elke jaar jou gunstelingkunstenaars Kanada toe bring. South African Events het vyf jaar gelede in Australië en Nieu-Seeland begin met Afrikaans is Lekker. Dit is deesdae die voorste Afrikaanse geleentheid wêreldwyd, en voortaan word Kanada ook ingesluit. Die toer stel ons in staat om meer kunstenaars in een vertoning te hê.

Wêreldwyd tree op as borg vir die Afrikaans is Lekker 2019-toer in Kanada, want dit is vir ons belangrik dat Suid-Afrikaners in die buiteland informeel kan saamkom en steeds hul Afrikanerskap kan vier – of hulle nou gaan terugkom of nie. Hulle is ons familie, vriende en ambassadeurs, en ons kan nie bekostig om hulle te verloor nie.

Kom sing, lag en raak nostalgies saam met hierdie ongelooflike kunstenaars wanneer hulle in Toronto, Calgary en Vancouver optree.

Die datums is soos volg:

14 Junie 2019: Toronto
15 Junie 2019: Calgary
16 Junie 2019: Vancouver

Maak seker jy loop nie hierdie optrede mis nie. SA Events hoop die toer word so goed ondersteun dat hulle Afrikaans is Lekker elke jaar na Kanada kan bring. Deel asseblief met al jul vriende en bring sommer ’n paar saam.

Besoek gerus South African Events se webtuiste vir meer inligting en om kaartjies te koop.

PROMOSIE: Kry afslag op jou Afrikaans is Lekker 2019 Kanada-kaartjies!

Teken in op Wêreldwyd se nuusbrief en ontvang ’n afslagkode vir Afrikaans is Lekker 2019 – Kanada. Stuur ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za om jou afslagkode te ontvang. Indien jy reeds op die Wêreldwyd-nuusbrief ingeteken is, kwalifiseer jy ook vir die afslag.

Alle intekenare ontvang 10%-afslag op kaartjies.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest