Leesvordering:

SA Braai-en-potjiefees in Richmond

Jan 16, 2020

Ons doel is om tyd saam met ons mede-Suid-Afrikaners te spandeer, nuwe vriende te maak en hope pret te hê. Ons wil aan alle feesgangers ‘n wonderlike, ontspannende en kultuurryke ervaring gee. Met hierdie in gedagte wil ons graag almal verwelkom, ongeag hoe naby of vêr jy van Richmond,  Virginia af woon. 

 

Kostes

Die kostes vir die bywoning van die Suid-Afrikaanse braai en potjie fees is as volg:

Naweek bywoner

  • Volwassene – $57.50

  • Kinders – $45.00 (Ouderdomme 6 tot 15)

  • GEEN kaartjies sal by die geleentheid verkoop word nie. Kaartjies moet vooraf bespreek word.

Dag besoeker:

  • Volwassene – $20.00 (Vrydag)

  • Volwassene – $40.00 (Saterdag)

  • Kinders – $15.00 (Ouderdomme 6 tot 15 Vrydag)

  • Kinders – $35.00 (Ouderdomme 6 to 15 Saterdag)GEEN kaartjies sal by die geleentheid verkoop word nie. Kaartjies moet vooraf bespreek word.

  • GEEN kaartjies sal by die geleentheid verkoop word nie. Kaartjies moet vooraf bespreek word.

Die kaartjie se kostes sluit die volgende in:

  • Vrydagaand Braai – Komplimentêr.

  • Saterdagaand Potjie – Komplimentêr.

  • Saterdagaand LEWENDIGE vertoning.

  • Kinders onder die ouderdom van 5 kan gratis bywoon.

  • Al die pret wat jy moontlik in een naweek of dag kan inpas.

Fees mark

Uitstallers kan hul Suid-Afrikaanse produkte regdeur die loop van die naweek verkoop. Hierdie is ons fees mark.

Dit is elke uitstaller se verantwoordelikheid om te verifieër of hulle ‘n Temporary Food Establishment (TFE) permit benodig om sekere kosse te verkoop.

Waar en wanneer?

SABP Fees sal gehou word by die Richmond Noord/ Kings Dominion KOA in Virginia. Dit vind plaas van 24 April 2020 tot 26 April 2020. Hier is meer inligting rondom die venue. Neem kennis van die aktiwiteite wat KOA aanbied.

Vir meer inligting: info@sabraaifest.com

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest