Leesvordering:

AfriForum beplan verskeie regsaksies teen onteiening sonder vergoeding

Feb 6, 2020

AfriForum het vandag, met die indiening van sy kommentaar op die voorgestelde beleid oor die keuring van begunstigdes en grondtoekenning, beklemtoon dat dié burgerregte-organisasie van voorneme is om verskeie regsaksies teen onteiening sonder vergoeding van stapel te stuur indien dit nodig sou wees.

In die regsmening wat AfriForum vandag by die direkteur-generaal van landelike ontwikkeling en grondhervorming ingedien het, word aangevoer dat die beleid oor die keuring van begunstigdes en grondtoekenning om verskeie redes ongrondwetlik sal wees.

“AfriForum is ook reeds sedert 2018 in ’n regstryd gewikkel om die grondwetlike hersieningskomitee se verslag, waarin aanbeveel word dat die Grondwet gewysig moet word, as ongeldig te verklaar weens verskeie prosedurele gebreke in die aanloop tot die aanvaarding van die verslag. Hierdie hofsaak sal waarskynlik in die komende jaar aangehoor word. Verder het AfriForum ook reeds ’n regsmening by die parlement ingedien waarin aangevoer word dat die voorgestelde wysiging van artikel 25 van die Grondwet strydig met verskeie ander bepalings in die Grondwet sal wees,” sê Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie.

Die regering se beleid oor die verdeling van grond en die keuring van begunstigdes is volgens AfriForum om verskeie redes ongrondwetlik en onregverdig. “Eerstens skend dit artikel 25 van die Grondwet op verskeie maniere, aangesien grondbegunstigdes volgens dié beleid net toegang tot grond sal ontvang – eienaarskap sal nie aan hierdie mense oorgedra word nie. Die staat sal dus eintlik die alleeneienaar van die grond wees. Die toepassing van hierdie beleid sal verder beteken dat wit mense uitgesluit word van die regering se toekenning van grond. Slegs persone wat as voorheen benadeeld gedefinieer word (swart Afrikane, bruin mense en Indiërs) sal as begunstigdes oorweeg word. ‘Voorheen bevoordeelde’ (wit) mense word uitdruklik genoem as persone wat nie kwalifiseer om aansoek te doen vir grond nie; trouens, hierdie mense word gelykgestel aan buitelanders. Wit militêre veterane word ook uitgesluit, terwyl militêre veterane wat ná April 1994 in die weermag was, as begunstigdes geprioritiseer word,” sê Roets.

Indien hierdie beleid ingestel word, kan dit verder meebring dat beleggers hulle aan die land onttrek, aangesien nywerheidsgrond net van die staat gehuur sal kan word. Daar sal dan ook ’n serwituut met voorkoopsreg ten gunste van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming geregistreer word. Die serwituut sal stipuleer vir watter doel die grond gebruik moet word, asook dat die departement dit sal terugeis indien dit nie gebruik word vir die doeleindes wat oorspronklik bepaal is nie.

Verder kan hierdie beleid ook tot politieke bevoordeling lei, aangesien gades van staatsamptenare as begunstigdes in aanmerking kom en politici slegs 12 maande nadat hulle uit die politiek getree het, kan aansoek doen vir toegang tot grond.

Roets het hierdie beleid en die moontlike gevolge daarvan ontleed saam met die konstitusioneleregskenner adv. Mark Oppenheimer (die persoon wat AfriForum se kommentaar opgestel het), asook AfriForum se regsverteenwoordiger, Willie Spies.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest