Leesvordering:

Tibbie Steyn: Heldin én volksmoeder

Aug 8, 2023

Op 5 Maart 1865 is ’n vrou gebore wat deur haar ondersteuning aan haar man én haar eie formidabele ywer as een van Suid-Afrika se “uitnemendste volksheldinne” vereer is. Rachel Fraser – beter bekend onder haar getroude van as Tibbie Steyn – was die eggenote van die vyfde en laaste president van die Oranje-Vrystaat, M.T. (Marthinus) Steyn. Tibbie is in Philippolis gebore en was die dogter van ’n Skotse predikant. Sy en Marthinus is in 1887 getroud.

Gedurende die Anglo-Boereoorlog het sy eers saam met die Vrystaatse regering getrek, maar word in 1900 in Bloemfontein onder huisarres geplaas. Sy staan haar man deurlopend by en dring teen die einde van die oorlog aan dat hy (wat toe reeds ernstig ongesteld was) na Europa reis om gespesialiseerde mediese behandeling te ontvang.

Die egpaar keer in 1905 terug na Suid-Afrika en word sleutelfigure in die naoorlogse opheffing van die Afrikaner. Tibbie was onder meer nou betrokke by die oprigting van die Meisieskool Oranje in 1906, die stigting van die Oranje-Vrouevereniging in 1907 en die bevordering van Afrikaans as skryftaal. Ná haar man se dood in 1916 was sy saam met Emily Hobhouse betrokke by fondsinsamelings vir behoeftiges in Europa na afloop van die Eerste Wêreldoorlog.

Volgens Elbie Truter wat ’n omvangryke biografie oor Tibbie geskryf het, is Tibbie “onder sowel Engelse as Afrikaners … sonder voorbehoud geëer, en [het] by die Afrikaners … spontaan die eretitel van Volksmoeder verwerf”. Tibbie is op 3 Januarie 1955 oorlede en in dieselfde graf as haar man by die Vrouemonument in Bloemfontein begrawe.

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest