Leesvordering:

AfriForum-veiligheidstrukture veg terug teen plaasaanvallers

Aug 9, 2023

Die AfriForum-buurtwag in Brits, Noordwes, het Dinsdagaand, 8 Augustus, gehelp om vier vermeende plaasaanvallers vas te trek en gesteelde goedere terug te vind. Dié buurtwag het ’n noodoproep via die AfriForum-radionetwerk ontvang oor ’n plaasaanval wat besig was om te gebeur, die plaaslike AfriForum-protospan het gereageer en was eerste op die toneel ná die aanval.

Die protospanlede het daarin geslaag om die toneel te beveilig, die SAPD vir hulp ingeroep en die plaaslike AfriForum-traumaberadingsvrywilligers uitgeroep om die slagoffers by te staan.

Verskeie items insluitend vuurwapens en die slagoffer se voertuig is tydens die aanval gesteel. AfriForum se protospanlede het dadelik die besonderhede van die voertuig aan verskeie voertuigopsporingsmaatskappye gekommunikeer en binne oomblikke is daar vasgestel dat die gesteelde voertuig in die rigting van Pretoria-Wes op pad was.

Die AfriForum-buurtwag in Pretoria-Wes en hul protospan, is geaktiveer en ontplooi na al die moontlike paaie wat die aanvallers kan volg om die stad binne te gaan. Die plaaslike SAPD is ook ingelig en hulle het gehelp om kontrolepunte in die gebied op te stel.

Oomblikke later is die gesteelde voertuig opgemerk en protospanlede en die SAPD het inbeweeg om die verdagtes in hegtenis te neem. Vier verdagtes is vasgetrek, twee ander het egter daarin geslaag om van die toneel te vlug. Die meerderheid van die gesteelde vuurwapens is ook teruggevind.

“Laat hierdie ’n duidelike waarskuwing wees vir skurke wat plaasaanvalle beplan in gebiede waar AfriForum se veiligheidstrukture aktief is. As jy besluit om onskuldige burgerlikes te teiken met jou gruwelike misdade, sal ons jou vind en jou tot geregtigheid bring. Moenie dink omdat politici liedjies oor jou misdade sing dat jy gespaar sal word nie,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid.

“Hierdie voorval het ook gewys hoe doeltreffend AfriForum se veiligheidstrukture nasionaal en oor provinsiale lyne met ons nasionale kommunikasienetwerk kan funksioneer. Ons doen ‘n beroep op alle wetsgehoorsame burgers wat omgee oor die veiligheid van hul gemeenskappe om betrokke te raak by hul gemeenskapsveiligheidstrukture.”

AfriForum het 168 buurt- en plaaswagstrukture regoor die land, met sowat 11 000 vrywilligers. Die organisasie bedank hul lede vir hul bereidwilligheid om hul tyd af te staan en hul eie veiligheid in gevaar te stel om hul gemeenskappe veilig te hou.

“Ons wil ook die SAPD en private sekuriteitsmaatskappye bedank wat saam met ons gewerk het om hierdie verdagtes vas te trek. Dit wys weer wat ons kan bereik wanneer gemeenskappe saamstaan,” sluit Broodryk af.

Sluit hier by jou plaaslike buurtwag aan.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest