Leesvordering:

Verhoging vir buitelandse-inkomstevrystelling vir SA-ekspats

Mar 10, 2020

Die wysigings aan die buitelandse-inkomstevrystelling wat in 2019 bekendgestel is,   tree op 1 Maart 2020 in werking. Die aanvanklik voorgestelde vrystelling van R1 miljoen verhoog egter na R1,25 miljoen, aldus Suid-Afrika se 2020-begroting.

Nasionale Tesourie is daarvan bewus dat kliënte aangeraai word om te emigreer met die uitsluitlike doel om belastinggevolge te omseil (dus finansiële emigrasie).  Die regering moedig egter Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk egter aan om hul bande met dié land te behou. Om dié doel te bereik, sal die konsep van finansiële emigrasie teen 1 Maart 2021 uitgefaseer en deur ’n verifiëringsproses vervang word.

Vir inwoners wat in die buiteland werk is die bedoeling om valutabeheerbehandeling vir individue uit te skakel. Die plan is om hierdie inwoners meer beweeglikheid te gee, mits hul fondse op wettige wyse bekom is en dié persone ’n goeie SARS-rekord het. Persone wat meer as R10 miljoen na die buiteland wil oorplaas, sal ook aan strenger verifiëringsprosesse onderwerp word. Dié oorplasings sal ook ’n risikobestuursaanslag aktiveer.

Die uitfasering van die konsep van finansiële emigrasie sal ook toegang tot pensioenfondse vir emigrasiedoeleindes beïnvloed. Die voorstel is dat die reëls gewysig word wat uitsonderings vir toegang tot pensioenfondse met emigrasie beheer, sodat dié reëls met die oorhoofse wysigings belyn is.

Geen verdere besonderhede is tans beskikbaar nie. Ons sal jou op hoogte bring met enige nuwe inligting wat Nasionale Tesourie bekendmaak.

Jy kan gerus vir Fanus Jonck by tax@jonck.net kontak as jy belastingadvies benodig.

Meer oor die outeur

Fanus Jonck

Fanus Jonck is 'n ervare belastingskonsultant. Kontak hom gerus vir enige belastingsverwante navrae deur 'n e-pos te stuur na tax@jonck.net

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest