Leesvordering:

Jack Hindon: Die meesterlike treinvernieler van die ABO

Mar 26, 2020

Hoewel kaptein Jack Hindon van Britse afkoms was, het dié Skotse Afrikaner veral gedurende die Anglo-Boereoorlog (ABO) sy liefde vir die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) – sy nuwe tuiste aan die suidpunt van Afrika – duidelik gemaak. Hindon is in 1874 in Stirling, Skotland gebore en het as 14-jarige seun by die Britse weermag aangesluit. Hy is na Zoeloeland gestuur as lid van die Britse militêre orkes (jong seuns is dikwels as sogenaamde “band boys” ingespan), maar dros uit die weermag en gaan woon op Wakkerstroom. 

Kort voor lank raak hy so geheg aan die ZAR dat hy tydens die Jameson-inval van 1895-1896 aktief aan Boerekant veg. As blyk van waardering vir dié bydrae ontvang Hindon hierna Transvaalse burgerskap. Hy is veral bekend vir sy onverskrokke optrede tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) toe hy eers as lid van die Middelburg-kommando geveg het en daarna ’n verkennerseenheid aangevoer het. Onder leiding van generaal Ben Viljoen het Hindon saam met kaptein Henri Slegtkamp berugte treinvernielers geword en veral verwoesting langs die Delagoabaai-spoorlyn gesaai. 

Die Jack Hindon-medalje vir dapperheid vir lede van kommando’s van die Suid-Afrikaanse Weermag in laer range is in 1970 ingestel, maar enkele jare later (in 1975) afgeskaf. Lees hier meer oor Hindon en ander meester-treinvernielers van die Anglo-Boereoorlog.

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest