Leesvordering:

#StopDieMalligheid: AfriForum verkla regering by VN se Hoë Kommissaris vir Menseregte

Jun 4, 2020

Die burgerregteorganisasie AfriForum het die Suid-Afrikaanse regering vandag by die Verenigde Nasies (VN) se Hoë Kommissaris vir Menseregte verkla oor die drakoniese regulasies en die gewelddadige afdwinging van die staat van inperking om die COVID-19-pandemie te bekamp. AfriForum vra in dié klag dat die Hoë Kommissaris vir Menseregte ’n ondersoek van stapel stuur oor die onverdedigbare en irrasionele skending van burgerlike vryhede in Suid-Afrika. Dit volg ná die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria se uitspraak op 2 Junie 2020 dat vlak 3- en vlak 4-regulasies van die inperking ongrondwetlik en ongeldig is. Die hof het onder meer beslis dat dié regulasies irrasioneel en grondwetlik onregverdigbaar is, asook dat dit ’n paternalistiese benadering deur die regering weerspieël.

Die VN het ook sy kommer uitgespreek oor die toksiese inperkingkultuur en die aggressiewe afdwinging daarvan in Suid-Afrika.

Die klag vorm ook deel van AfriForum se #DieWêreldMoetWeet-veldtog waarmee die organisasie internasionale bewusmaking oor die skending van burgerregte in Suid-Afrika skep en steun vir groter burgerlike vryheid werf. ’n Verklaring – waarby die klag aangeheg is – is ook internasionaal uitgereik.

Volgens Ernst Roets, AfriForum se hoof vir Beleid en Aksie, hou die klag verband met die brutaliteit waarmee die polisie en weermag landsburgers behandel, die irrasionele regulasies wat die publiek se mees basiese vryhede skend, asook met die feit dat die regering die pandemie gebruik as ’n geleentheid om ’n bepaalde rasse-ideologie te bevorder. “Die staat van inperking kan nie op grond van die Suid-Afrikaanse Grondwet regverdig word nie en ook nie op grond van die VN se Universele Verklaring van Menseregte nie,” meen Roets.

Die klag verwys onder meer na spesifieke voorvalle van brutaliteit, irrasionele regulasies soos dié wat met gedwonge kwarantyn en die verkoop van tabakprodukte verband hou, en die regering se planne vir gedwonge kwarantyn vir almal wat positief vir COVID-19 toets – ongeag of mense self kan isoleer en kwarantynfasiliteite nie aan die nodige standaarde voldoen nie. Die klag verwys ook na die stelling van Mmamoloko Kubayi-Ngubane, Minister van Toerisme, dat dit “perfectly rational” is om ras as maatstaf te gebruik om ondernemings te help wat weens die staat van inperking verliese ly; asook dat die hof reeds ’n aansoek van die hand gewys het om hierdie vereiste ongrondwetlik te laat verklaar en die Konstitusionele Hof aangedui het dit is nie in die belang van geregtigheid dat appèl teen hierdie saak aangeteken word nie

“Die feit dat meer as 230 000 strafregtelike sake sedert die begin van die staat van inperking aanhangig gemaak is teen mense wat die inperkingsregulasies na bewering oortree het, is ’n bewys van die drakoniese aard van die staat van inperking,” sluit Roets af.

Gee AfriForum jou mandaat en besoek www.diewereldmoetweet.co.za om ons klag by die VN te ondersteun.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest