Leesvordering:

Kunstenaar in die Kollig: Frank Pretorius

Jun 4, 2020

Die tekstiel kunstenaar Anni Albers het gesê dat kuns ons met ‘n ander tipe vreugde laat asemhaal. Maak nie saak wie jy is nie, daar is niks wat ons aandag so kan trek soos ‘n kunswerk nie. Hierdie week se onderneming in die kollig lyk dan ook bietjie anders met Frank Pretorius Art in die VK.

Frank Pretorius is ‘n gemengde media kunstenaar wat al sy lewe lank skilder, hy deel gereeld herinneringe waar hy onder sy ouers se bed gaan lê het en ‘n geheime wêreld met karakters opgetower het, elke geleentheid wat hy gekry het, het hy karakters tot sy visuele storie bygevoeg. Na twintig jaar in die bemarkingswêreld en nadat Pretorius homself in Londen gevestig het, het hy besluit om voltyds te skilder.

Pretorius is ‘n passievolle storieverteller en doen dit deur sy kuns. Sy kuns vertel die storie van die vergete Porsche 550A Spyder wat vir veertig jaar in ‘n motorhuis versteek was en van die wilde, bedreigde diere in Afrika. Altyd opsoek na ‘n storie en altyd aan die skilder. Frank Pretorius is gereed om die wêreld met sy kunswerke te betower!

Besoek Frank Pretorius se webblad hier

Besoek Frank Pretorius se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming hier

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest