Leesvordering:

Hofaansoek oor repatriasieprobleme

Jun 15, 2020

AfriForum en verskeie individue se hofaansoek oor repatriasieprobleme sou vandag in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria aangehoor word. Sake wat in die hofstukke aangeroer word, is die feit dat Suid-Afrikaners wat uit die buiteland na Suid-Afrika repatrieer, vir ’n minimum van veertien dae in kwarantyn moet bly in ’n fasiliteit wat die staat aanwys; dat hulle soms daar aan onaanvaarbare geriewe en gedrag blootgestel word, maar geen amptelike klagtekanaal het waardeur oplossings vinnig gevind kan word nie; dat kommunikasie oor hulle repatriasie en verblyf sporadies plaasvind en dus tot groot onsekerheid, spanning en frustrasies lei; dat mense in sommige gevalle verplig mag word om self vir hulle kwarantynverblyf te betaal; asook dat mense wat uit die buiteland terugkeer, ter wille van die veiligheid van almal betrokke so spoedig as moontlik vir COVID-19 getoets moet word.

Ter elfder ure het die betrokke staatsdepartemente versoek dat die saak uitgestel moet word. Omdat AfriForum se regspan die erns en noodsaak van die saak verstaan, het hulle ’n dringende allokasie daarvoor versoek. Die waarnemende adjunk regter president het toegestaan dat die saak in die week van 29 Junie 2020 aangehoor moet word.

Tot dan bly die bepaling van veertien dae verpligte kwarantyn onveranderd.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest