Leesvordering:

LAPA: Nuut op die e-boekrak vir tieners!

Jun 17, 2020

Elle-reeks: Omnibus 2

In die volgende drie boeke van die Elle-reeks beleef Elle en haar vriende klomp avonture.

In Rocksusters kan Elle nie wag vir die Musikanto-fees wat Oktober in Parys plaasvind nie. Die Musikanto is ʼn splinternuwe, landswye skolefees. Maar eers moet die skoolorkes genoeg geld insamel om in ʼn ordentlike hotel te gaan bly…

In Duinebesies moet Elle teësinnig na Namibië gaan om saam met haar oom Eddie goggas te vang. Belaglik! Tog is die woestynuitstappie baie meer opwindend as wat Elle verwag het. Dit het dalk te make met ʼn paar manstudente in die navorsingsgroep wat enige meisie twee keer laat kyk.

In Franse vlegsel gee die woord losloper vir Elle koue rillings … Dit is presies wat sy hierdie jaar gaan wees wanneer Alex op ʼn 4×4-toer gaan. Die enigste lekker ding wat vir Elle voorlê, is haar vakansie na Parys in Frankryk saam met Refi. Maar ʼn uitruilstudent met stoute groen oë maak ʼn onverwagse opwagting, en hy doen vreemde dinge aan Elle se hart.

Die e-boek is nou beskikbaar by Lapa en Amazon.

*Die gedrukte boeke sal in Augustus beskikbaar wees.

Glam-divas-omnibus

Talia, Didi en Lienka is al van kleuterskooldae af beste vriendinne. Noudat hulle in graad tien is, weet hulle presies wat die skool nodig het: ’n funky agentskap wat partytjies reël, fantastiese klere ontwerp en modewenke gee. Maar as jy in graad tien is, is dit nie kinderspeletjies om almal te oorreed om jou ernstig op te neem nie.

Tussen die agentskap, meisies wat vasbeslote is om die Glam-divas se lewens te versuur en seuns wat hulle knieë lam maak, is daar nooit ’n vervelige oomblik nie.

Lees nou al drie hierdie geliefde verhale saam in een lekkerlees-omnibus.

Die e-boek is nou beskikbaar by Lapa en Amazon.

*Die gedrukte boeke sal in Augustus beskikbaar wees.

Z-A-K: Die reis na Zenkion

Toe Mitch daardie oggend met ’n knop op sy maag wakker geword het, het hy geen idee gehad dat aliens sy tuisdorp sou binneval en sy gesin saam met so baie ander sou ontvoer nie. Nog minder sou hy kon raai dat hy en sy beste vriend Lionel daardie aand die ruimte sou invaar saam met Imke en haar Zenkioniet-vriende. Maar hier is hulle nou, iewers in die ruimte op Akaï-hulle se astrotuig, en Mitch se lewe is op pad om nog méér uitmekaar te val.

Hulle ontmoet vir Grol en Slom, twee aliens wat Mitch aan paddas laat dink, en vir Martura en sy makkers, die eenoog-aliens wat hulle gevange neem en op Skurorinok, die alien-swartmark, wil gaan verkoop. Op Skurorinok word Mitch, Akaï en die ander van Lionel en Imke geskei. Sal hy ooit weer vir Imke of Lionel sien? Wat gaan in die geheim op Zenkion aan en hoe pas die ontvoerde Aardbewoners in die prentjie?

Sluit by Mitch aan vir ’n aksiebelaaide avontuur oor aliens, astrotuie en ’n soeke na antwoorde.
Z-A-K: Die reis na Zenkion is die opvolg van die eerste boek in die Z-A-K-reeks, Z-A-K: Die Blou Planeet.

Die aksiebelaaide tienerboek is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel asook aanlyn by Lapa en Amazon.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest